Bewakers van bedreigde berggorillas doodgeskiet
Bewakers van bedreigde berggorillas doodgeskiet

Bewakers van bedreigde berggorillas doodgeskiet

Vyf wildbewaarders en die bestuurder van hul voertuig is in Midde-Afrika se Virunga Nasionale Park deur gewapende groepe doodgeskiet en een wildbewaarder is gewond.

Die bewaarders pas onder meer die bedreigde berggorilla op. Die voorval was in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) van die oorgrenspark met Rwanda en Burundi.

Die aanval – vermoedelik deur die Mai Mai-milisiegroep – het die dodetal van natuurbewaarders in die park op 170 oor die laaste 20 jaar te staan gebring, berig The Guardian.

Daar is gewapende rebellegroepe, plaaslike bendes, stropers en verskillende milisies in die park. Verlede jaar is vyf bewaarders ook deur ’n plaaslike milisie doodgeskiet.

In die tyd toe die gebied in die laat 1970’s in politieke chaos was, was daar net sowat 300 berggorillas in die park oor, berig die BBC. In 2007 het die wêreld ingegryp en met behulp van private skenkers, die Europese Unie, die Howard G. Buffett-stigting en die Kongolese natuurdiens nuwe praktyke ingebring om die natuur te beskerm.

Die hoofbewaarder is Emmanuel de Merode, ’n Belgiese aristokraat. Wildbewaarders word nou sowat R3 000 betaal wat vir hulle baie is en plaaslike gemeenskappe word gehelp om die ekonomie aan die gang te hou.

Daar is nou sowat 1 000 berggorillas in die park en die getal savanne-olifante het ook onder meer toegeneem. Daar is ook meer toeriste wat die park besoek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!