Bismarck of Shixungileni?
Elders in die media het prokureur Andreas Vaatz se pleidooi vir die behoud van Bismarckstraat in Windhoek se naam heftige reaksie uitgelok. Met rede.
Vaatz is lankal bekend as kruisvaarder teen die verandering van straatname in die Namibiese hoofstad. 'n Mens kan hom dalk in van sy argumente gelykgee, maar dele daarvan is gewoon aanstootlik en selfs roekeloos. In en tussen van die reëls van sy invoegsel in The Namibian skuil plofbare gevare.
Die uitdaging van enige owerheidsbesluit is 'n demokratiese reg. Ons hoef nie “polities korrek” te wees nie, maar is aan medeburgers 'n verantwoordelikheid verskuldig hoe ons met ons gedeelde verlede omgaan.
Die besluit om die straat na wyle Simeon Lineekela (Kambo) Shixungileni te vernoem, is volgens Vaatz “onsensitief, onregverdig, onredelik, onprakties en onvanpas”. Hierteenoor staan sy eie onsensitiwiteit en 'n tasbaar krenkende kulturele en geskiedkundige hooghartigheid.
Die naam is volgens Vaatz te lank en te moeilik om uit te spreek of te onthou. Tussen “nie kan nie” en “nie wil nie” is daar 'n groot verskil.
In die “advertensie” is Lineekele (sic) vier keer verkeerd gespel. Daarna is dit darem nege keer reg geskryf, maar selfs die staatshoof se van word verkeerd gespel en Hage Geingob en Hifikepunye Pohamba se voorname verswyg. Laasgenoemde is by implikasie ook te moeilik om te sê of spel?
Net 20% van Namibiërs weet volgens Vaatz wie die vryheidsvegter was. Bog!
Dat Vaatz namens die hele Duitse gemeenskap en alle eienaars van eiendom in of inwoners van Bismarckstraat praat, is aanvegbaar. Duitssprekendes se bydraes tot Namibië word nie ontken nie. Selfs al het kanselier Otto von Bismarck ook goeie dinge gedoen, is dit uiters moeilik, indien nie onmoontlik nie, om hom in die land as “held” te besing. Dit sal vir 'n Afrikaanssprekende daarop neerkom om name soos DF Malan of Hendrik Verwoerd te verdedig.
Ons land het veel groter uitdagings as hierdie. En die toekoms is baie belangriker as 'n verkrampte vasklou aan die verlede.
So sê ander
11 Augustus 2019
The Observer view on Britain's blackout
Nearly a million people without power; parts of the rail network crippled; Newcastle airport plunged into darkness; a hospital temporarily without power.
Friday's power cut caused chaos across much of Britain's transport network. We will need to wait for a full technical investigation to understand what exactly happened. But the energy regulator, Ofgem, is right that this incident raises immediate and serious questions about the resilience of the UK's energy systems.
Britain's energy network should be able to cope with a once-in-a-decade event without causing so much potentially dangerous disruption. Even though the culprit in this instance was not a cyber attack, it illustrates just how vulnerable we may be to a malign attack of this nature.
The disruption comes in the context of serious concerns about the long-term sustainability of Britain's energy supply. The government's policy on nuclear energy is in a complete mess. An energy white paper was supposed to have been published to provide some sorely needed direction over long-term energy, but has been delayed as a result of Brexit.
The power outage should function as a rude awakening to the brittleness of core parts of British infrastructure to cope with events that should not be debilitating. Is this really a country ready for the huge strain a no-deal Brexit would probably place on essential services? It hardly looks like it.
• THE OBSERVER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie