Blitse herdenk Madiba
Sewesrugby
Marnus de Kok
Ter nagedagtenis aan die oudstaatshoof Nelson Mandela sal die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan die naweek in Kaapstad in truie speel wat hom vereer.
Die tweede toernooi van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks word môre en Sondag in die Kaapstad-stadion beslis. Mandela, wat Suid-Afrika se eerste swart president geword het ná die demokratiese verkiesing in 1994, is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 oorlede. Hy is vanjaar 100 jaar gelede in Mvezo in die Oos-Kaap gebore.
Die Blitsbokke het drie dae ná Mandela se dood hul oorwinning in Port Elizabeth (waar die toernooi tot in 2014 beslis is) aan die ontslape oudpresident opgedra.
Die trui waarin Philip Snyman-hulle in Kaapstad gaan speel, is steeds groen en goud, maar die hemde wat Mandela in sy leeftyd bekend gemaak het, die sogenaamde Madiba-hemde, het as inspirasie daarvoor gedien.
Snyman, die Blitsbokke-kaptein, sê die hele land vier vanjaar Mandela se lewe.
“Ons voel geëerd om die geleentheid te hê om ons respek met die Madiba-trui te betoon as deel van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se bydrae tot die eeufeesviering,” het hy gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie