Blue stel nuwe enkelsnit vry
Blue stel nuwe enkelsnit vry

Blue stel nuwe enkelsnit vry

Lloyd Zandberg
Elvis Blue se tweede enkelsnit van sy album Jou Huis is ‘n hartroerende blik op die komplekse emosies oor Suid-Afrika.

“Ek het probeer om my gevoelens oor my land neer te skryf in ‘Beloofde Land’. Dit was vir my moeilik gewees, want saam met my liefde vir hierdie land met sy berge, die see en die mense, het ek besef dat daar ook ander gevoelens in myself teenwoordig is: Vrees en onsekerheid, selfs woede," sê die kunstenaar oor die liedjie.

“Ek het nog nooit voorheen oor Suid-Afrika geskryf nie, want dis vir my moeilik om in ‘n liedjie gemengde gevoelens onder woorde te bring. Ek vind dié tipe musiek gewoonlik óf uiters negatief of net té positief, en dit is buitendien altyd nie vir my maklik om my eie gevoelens vas te vang nie.

“Ek praat met baie mense oor alles wat om ons gebeur. Soms is die gesprekke positief, hoopvol en vol lig, ander kere breek dit wat ek sien en hoor eenvoudig my hart in stukke. Ek kyk na die berge, die see en die mense, en ek is verlief op my land, maar dan hoor ek van nog ‘n moord, of van ons ekonomie, of dit waaroor mense praat – en dit hou my wakker in die nag.

“Al hierdie gevoelens – die goed en die sleg van die land – is saam hier binne-in my. En dis wat ek in hierdie liedjie probeer skryf het, in die hoop dat dit vir jou en jou vriende iets sal beteken,” sê Elvis.

Jou Huis is in Mei uitgereik. ‘Beloofde Land’ en die musiekvideo is vanaf vandag op alle digitale platforms beskikbaar. Kort ná die vrystelling die album, het die eerste enkelsnit daarop en met dieselfde naam, reeds die trefferranglys begin klim, en gemaklik op verskeie plaaslike en nasionale radiostasies in die nommer 1-plek gaan sit. Dít nadat dit reeds op dag een die eerste plek op iTunes ingeneem het.

Dié liedjie, wat hy saam met Theuns Jordaan sing, wys ook duidelik hoe ná aan die hart herinneringe aan kindwees in Suid-Afrika vir Elvis lê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!