Blue Waters kyk terug oor tagtig jaar
Blue Waters kyk terug oor tagtig jaar

Blue Waters kyk terug oor tagtig jaar

Sokker
Anneli Erasmus
Des Erasmus - Wanneer die son môreoggend opkom, gaan die sokkerklub Blue Waters van Walvisbaai in Swakopmund se ou begraafplaas hulde aan die stigters van die sportklub tagtig jaar gelede bring.

Dié seremonie gaan ’n hoogtepunt in ’n feesnaweek van Blue Waters wees wat reeds vandag om 17:00 gaan begin wanneer hoogtepunte van die eerste agt dekades van die Walvisbaaise klub in herinnering geroep gaan word.

Volgens die voorsitter van Blue Waters, King Mandume Muatunga, het pres. Hage Geingob, die staatshoof van Namibië wie se geesdrif vir sokker welbekend is, bevestig dat hy in die verrigtinge gaan deel.

Môre gaan die vieringe met hulde aan die baanbrekers in die Swakopmundse begraafplaas begin met die onthulling van ’n gedenksteen. Dit sal gevolg word deur ’n erediens om 07:00 in die Walvisbaaise begraafplaas.

Dit gaan weer om 08:00 oorgaan in ’n straatoptog wat by die Mautamanene-brandweerstasie naby die Natis-kantore gaan begin.

Eers dan gaan om 10:00 na die Kuisebmond-stadion oorbeweeg word vir ’n dag van sokker, netbal en toutrek.

Blue Waters staan bekend as die tweede oudste sokkerklub in Namibië, ná Tigers van Katutura.

By die klub word vir ondersteuners, sokker, netbal, krieket en die ontwikkeling van jong talent voorsiening gemaak.

In môre se sokkerwedstryde sal spanne in ouderdomsgroepe teen mekaar sokker, krieket en netbal speel. Veterane van die klub gaan ook die truie aantrek met wedstryde tussen spelers van die vorige dekades.

’n Glansgeleentheid sal om 17:00 in die Kuisebmond-sokkerstadion begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!