Blues en Highlanders beklink eerste seges
Blues en Highlanders beklink eerste seges

Blues en Highlanders beklink eerste seges

Rugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die Blues en Highlanders het ­Saterdag- en gisteroggend die ­Nieu-Seelandse Aotearoa-rugby­reeks onderskeidelik met oorwinnings in Auckland (Edenpark) en Dunedin by die Forsyth Barr-­stadion afgeskop.

Die Aotearoa-rugbyreeks vervang in Nieu-Seeland die ­gesneuwelde ­Superrugbykompetisie wat die naweek met volgepakte stadions begin het. Die kragmeting tussen die Highlanders en Chiefs is deur ­strafskoppe ontsier, maar 'n opwindende skep­skop deur Bryn Gatland reg teen die einde van die wedstryd het aan die High­landers sy eerste oorwinning met 28-27 besorg.

Alhoewel die Blues gisteroggend (sonder Dan Carter) by Edenpark teen rustyd slegs met een punt (14-13) voor die Hurricanes was, het hulle in die tweede helfte 16 punte opgestapel om met 30-20 koning te kraai. Die Blues se kragspel was sy grootste wapen en sy vermoë om met sy snellers uit sy eie gebied aan te val het hulle die topspan van die dag gemaak.

Puntemakers: Caleb Clarke, TJ Faiane en Dalton Papali'i het die tuisspan se drieë gedruk en dodelike korrelwerk deur die losskakel, Otere Black, het 'n verdere vyftien punte aan die Blues besorg.

Die Hurricanes se vyfpunters is deur Dane Coles, Ben Lam en Jamie Booth met besoeke agter die doellyn afgerond. TJ Perenara het een drie verdoel, terwyl Jackson Garden-­Bachop 'n strafskop vir hul twintig punte deur die mikke gejaag het.



Highlanders vs chiefs

Die Higlanders se ontmoeting teen die Chiefs by die Forsyth ­Barr-stadion voor nagenoeg 18 000 ­geesdriftige Kiwis, was die produk van etlike strafskoppe wat by die ­afbreekpunte deur beide spanne afgestaan was.

Alhoewel die Chiefs die slegste daarvan afgekom het, was die besoekers met 27-25 voor toe Gatland 'n minuut ná Damian McKenzie se skepskop, die Chiefs se drome met sy eie skepskop gekelder het.

Die Highlander se beste aanvalle het van hul lynstane met rolmaalbewegings gekom wat sy teenstanders gesukkel het om te stuit. Die gasheer se vier drieë teenoor die Chiefs se twee getuig opnuut van sy spelers se ver­moëns om die spel aan die kook te hou.

Puntemakers: Highlanders 28 (22): Drieë: Ash Dixon, Patelesio Tomkinson, Marino Mikaele Tu'u. Doelskoppe: Mitch Hunt (2). Strafdoele: Hunt (2). Skepdoel: Bryn Gatland.

Chiefs 27 (16): Drieë: Sean Wainui, Anton Lienert-Brown. Doelskop: Damian McKenzie. Strafdoele: ­McKenzie (4). Skepdoel: McKenzie (1).– stuff.co.nz

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!