BMW kry nuwe baas ná 1ste verlies
Zipse, wat reeds 28 jaar by BMW werk, sal die stuur op 16 Augustus oorneem.
BMW het sy produksiehoof, Oliver Zipse (55), tot grootbaas bevorder.
Hy volg Harald Krüger (53) op.
Krüger se kontrak, wat eintlik tot April 2020 sou duur, is kortgeknip. Hy was vier teleurstellende jare aan die stuur van BMW, wat nou die tweede beste verkoper onder luukse motors wêreldwyd is. Mercedes-Benz is die topverkoper.
Dit kom nadat BMW se motorafdeling in die eerste kwartaal die eerste verlies in 'n dekade aangemeld het te midde van dalende motorpryse, swak verkope weens handelspanning, en voorsiening wat die groep moes maak vir 'n saak oor samespanning.
Die maatskappy het in Maart 'n reddingsplan van €12 miljard aangekondig.
Daar was onder Krüger glo spanning in BMW se raadsaal.
Zipse, wat reeds 28 jaar by BMW werk, sal die stuur op 16 Augustus oorneem.
Norbert Reithofer, BMW se voorsitter, beskryf hom in 'n verklaring as 'n “ferm strategiese en analitiese leier”: “Hy sal die BMW-groep vars momentum gee om die mobiliteit van die toekoms te vorm.”
AGTERGROND
Reithofer, self 'n voormalige uitvoerende hoof, en Krüger was ook albei eers BMW se produksiehoof. Zipse het Krüger in 2015 as produksiehoof opgevolg.
Zipse het hom op die agtergrond gehou en is nie goed bekend buite BMW nie, maar sy bevordering blyk 'n verstandige skuif te wees, sê Evercore, 'n ontledingsfirma oor die motorbedryf. “BMW kies stabiliteit en kontinuïteit deur 'n bewese lid van sy bestuurspan aan te wys. In 'n uiters wisselvallige en onvoorspelbare wêreld is dit dalk 'n wyse besluit.”
Krüger het in sy vier jaar BMW se tradisionele resep volgehou: Groot, vinnige nuwe modelle wat brandstof slurp en dit al hoe moeiliker gemaak het om aan al hoe strenger omgewingsregulasies te voldoen.
Die maatskappy was tot dusver betreklik versigtig met elektriese voertuie. Die i3 was onder die eerstes toe dit in 2013 bekend gestel is, maar BMW kon nie veel doen met sy voorsprong nie. 'n Battery-aangedrewe Mini en BMW X3 is volgende.
Zipse het as produksiehoof 'n monteerbaan ontwikkel waarop elektriese, hibried- en konvensionele motors saam geproduseer kan word.
– Netwerk24/Bloomberg, verkort

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie