Boeing se ‘motor’ kry vlerke, slaag toetsvlug
Die lugtaxi is ’n mengsel van ’n elektriese lugvaartuig en motor wat deur hoogs intelligente rekenaarsagteware self deur die lug vlieg.
Bloomberg – ’n Outonome vlieënde kar wat deur Boeing vervaardig word het Dinsdag sy eerste toetsvlug voltooi en mik om binnekort passasiers in groot stede rond te vlieg.
Die lugtaxi is ’n mengsel van ’n elektriese lugvaartuig en motor wat deur middel van hoogs intelligente rekenaarsagteware self deur die lug vlieg. Deur sy vier elektriese skroefturbines te gebruik kan die vaartuig vertikaal opstyg om verkeersknope in stede te vermy.
Boeing se prototipe het sy eerste opstyging, sweefhang en landing in Manassas, Virginia in die VSA voltooi, het die vervaardiger van militêre en passasiersvliegtuie in ’n verklaring aangekondig.
Volgens Boeing kan die prototipe meer as 80 km aflê sonder om herlaai te word.
Boeing en sy mededinger Airbus is net twee van ’n reeks maatskappye wat besig is om lugtaxis en aflewerings-hommeltuie te vervaardig vir ’n mark wat glo dié soort tegnologie vinnig gaan opneem.
Vahana is ’n eenvoudiger outonome lugtaxi wat deur A3 ontwikkel word en byna reg is vir bekendstelling, maar selfs die mikroskyfievervaardiger Intel en EHang toets al hul eie prototipes.
Boeing se vordering het ’n aansienlike hupstoot gekry deur sy verkryging van Aurora Flight Sciences, ’n maatskappy wat al baie vordering gemaak het om vir Uber ’n vlieënde taxi te ontwikkel.
Volgens die beleggingsbank Morgan Stanley kan dié tegnologie teen 2040 tot die vorming van ’n bedryf van $2 900 miljard lei. Maar selfs sy konserwatiefste skattings dui op ’n bedryf met ’n waarde van minstens $615 miljard.
Toekomstige toetse van Boeing se 10 m lange en 9,5 m breë lugtaxi sal fokus op die vaartuig se vermoë om ná ’n vertikale opstyging (soos reeds getoets is) te kan oorskakel na horisontale vlug. Daarmee saam kom voortdurende toetse van veiligheidsmaatreëls en betroubaarheid.
Volgens Uber gaan sy eie lugtaxi gereed wees om binne die volgende vyf jaar stedelike vervoer te ontwrig.
Reeds in 2016 het dié maatskappy gesê sy meesterplan is om in die 2020’s ’n hele netwerk van “lug-taxi’s” tussen stede te skep.
Sy hoofvennoot is nou die Bell-maatskappy wat ’n voormalige vervaardiger van militêre vertikale-opstyg-en-land- (VTOL) vliegtuie is. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie