Boewe slaan toe naby Goanikontes-Oos

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Vyf mans gewapen met messe het Dinsdag omstreeks 21:30 op ’n huis by Goanikontes-Oos toegeslaan en goedere ter waarde van N$598 800 gebuit.

Dit sluit in ’n Nissan Pathfinder ter waarde van N$400 000 wat intussen teruggevind is, ’n Toshiba eksterne hardeskyf (N$1 500), twee Canon-kameras en lense (N$60 000), twee Fungi-kameras en lense (N$60 000), ’n Lenovo-skootrekenaar (N$19 000), selfoon, televisie, trouring, teleskoop, handsak en nog ander items.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, insp. Erastus Ikuyu, het die verdagtes die gesteelde goedere in die voertuig gelaai en daarmee weggery.

Sowat ’n kilometer van die huis het die bakkie egter in die Swakoprivier vasgeval. Die verdagtes het volgens Ikuyu die gesteelde goedere in ‘n ander voertuig gelaai en met die sleutel van die gesteelde voertuig weggery.

Volgens hom is niemand tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die Nissan is teruggekry.

Die polisie het ’n beroep op die publiek gedoen om te help om die verdagtes en die gesteelde goedere op te spoor.

Enige persoon met inligting kan speur-hoofinspekteur Johannes Mwatongwe by 081 246 1121 of speurinspekteur John Geiseb by 081 262 9842 of die naaste polisiekantoor skakel. Die polisieondersoek deur die afdeling teen ernstige misdaad duur voort.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!