Bok-kaarte geskommel ná Oupa se virus-skok
Rugby
Stephen Nell – Die Groen-span se kaarte is deurmekaar gekrap vir Saterdag se Springbok-proefwedstryd teen die Goud-span op Nuweland nadat Oupa Mohoje positief vir die koronavirus getoets is.
Nie net moes Mohoje, wat asimptomaties is, onttrek word nie, maar ook die vaskopstut Trevor Nyakane, wat in nabye kontak met hom was.
Mohoje, wat Suid-Afrika al as ’n losvoorspeler verteenwoordig het, sou waarskynlik een van die slotte in Groen se beginspan gewees het. Die slotpaar is nou JD Schickerling en Hyron Andrews. JJ van der Mescht vervang vir Mohoje in die groep en is op die plaasvervangersbank.
Kwenzo Blose is in Nyakane se plek opgeroep en die losskakel Kade Wolhuter is ook in die prentjie nadat die veelsydige Junior Springbok-agterspeler Mnombo Zwelendaba weens ’n heupbesering onttrek moes word.
Die Groen-span word deur die Bok-kaptein, Siya Kolisi, aangevoer.
Lukhanyo Am, wat Suid-Afrika se buitesenter was in die 2019 Wêreldbeker-eindstryd, is as Goud se kaptein aangewys.
• Die spanne is:
GROEN: Gianni Lombard, Yaw Penxe, Wandisile Simelane, Frans Steyn, Malcolm Jaer, Elton Jantjies, Sanele Nohamba, Duane Vermeulen, Arno Botha, Siya Kolisi (k), Hyron Andrews, JD Schickerling, Luan de Bruin, Bongi Mbonambi, Ox Nche. Reserwes: Schalk Erasmus, Kwenzo Blose, Thomas du Toit, JJ van der Mescht, Juarno Augustus, Junior Pokomela, Embrose Papier, Manie Libbok, Jeremy Ward, Kade Wolhuter.
GOUD: Warrick Gelant, Rosko Specman, Lukhanyo Am (k), Rikus Pretorius, Courtnall Skosan, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Sikhumbuzo Notshe, Nizaam Carr, Marco van Staden, Marvin Orie, Salmaan Moerat, Ruan Dreyer, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff. Reserwes: Dylan Richardson, Dylan Smith, – Carlu Sadie, Jason Jenkins, James Venter, Vincent Tshituka, Ivan van Zyl, Curwin Bosch, Werner Kok, Manuel Rass.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie