Bokke se 2de toets teen Georgië gekanselleer

Leeus-toer
Die Springbokke se tweede toets teen Georgië is weens positiewe coronavirusgevalle in albei kampe gekanselleer, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangekondig.

Dié toets sou Vrydagaand op Ellispark plaasgevind het, maar die mediese adviesgroep (MAG) het besluit die risiko vir moontlike verdere positiewe gevalle maak dit onmoontlik om die toets te speel.

Sover dié week was daar 12 positiewe gevalle in die Bok-groep (spelers én bestuurspan), terwyl vier positiewe toetse Dinsdag in Georgië se geledere aangemeld is.

Die positiewe uitslae van Marvin Orie, Frans Steyn, Handre Pollard en Frans Malherbe is Dinsdagaand bekend gemaak, nadat Lood de Jager die vorige dag positief getoets het. Die Bokke se afrigter Jacques Nienaber is een van die spanbestuurslede wat positief getoets het.

“In die konteks van lewensverlies en skade wat aan die ekonomie aangerig word met die derde vlaag, is die kansellasie van ’n rugbywedstryd onbenullig,” het Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, gesê.

“Dis nogtans ’n reuse-teleurstelling vir die vele rolspelers wat soveel tyd, moeite en bronne ingespan het om die wedstryde moontlik te maak. Ek voel veral jammer vir die ondersteuners en die spelers en ons besoekers uit Georgië.”

Die vergrote Bok-groep se reisplanne word nou hersien in die lig van Covid-19-beperkings.

Die SA A-span is geskeduleer om op Woensdag 14 Julie teen die Britse en Ierse Leeus in die Kaapstad-stadion te speel.

BULLE HOOP OM WÉL KANS TE KRY

’n Groot teleurstelling, maar daar is steeds hoop dat die Bulle teen die Britse en Ierse Leeus sal kan speel, skryf Cobus Claassen.

“Die goeie nuus is dat die wedstryd uitgestel en nie gekanselleer is nie,” het Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, gesê in reaksie op dié span se wedstryd wat weens vyf positiewe koronavirusgevalle in die Bulle-kamp op die lange baan geskuif is.

Die Bulle, die Curriebeker-kampioen en die Suid-Afrikaanse topspan, sou Saterdag op Loftus Versfeld teen die Leeus gespeel het.

Rathbone het bevestig dat vier spelers en ’n lid van die bestuurspan positief vir die virus getoets is en dat ’n vyfde speler in isolasie is vanweë nabye kontak.

Daar word nou gekyk na ’n alternatiewe datum later die maand, wat ook tussendeur die Ligbloues se Curriebeker-bepalings haalbaar is.

– Netwerk24, Supersport.com

FOTO
Georgië se reserwebank kyk na ’n lynstaaningooi op Suid-Afrika se slot Franco Mostert. Foto Nampa/AP

Die Springbokke se losskakel Handre Pollard en agtsteman Kwagga Smith in ’n aanvalsbeweging in die eerste toets teen Georgië in Pretoria. Foto Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!