Boksfees wag met verrassings
Boks
Tielman van Lill – Walter (The Executioner) Kautondokwa, Namibië se voormalige Afrika-middelgewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO) en Internasionale Boksfederasie (IBF), was op 26 Oktober 2019 laas in die kryt.
Die 36-jarige Laksman (18-2, 17 uitklophoue) het nadat hy sy WBO-wêreldtitelgeveg in Oktober 2018 teen Demetrius Andrade van Amerika oor 12 rondes eenparig met punte verloor het, skielik stoom verloor.
Hoewel Kautondokwa op sy profiel op Boxrec nog as aktief aangedui word, is dit selde 'n betroubare aanduiding. Hy het wel op 10 Mei 2019 vir Simion (Super Power) Tchetha van Malawi in Harare, Zimbabwe, in die tweede ronde van hul nietitelgeveg oor tien rondes uitgeslaan.
Tchetha (11-4-1, 8 KO's) kan beswaarlik as 'n topklas bokser in sy eie land beskou word. Hy is die afgelope naweek deur 'n minder gerekende Namibiese bokser, Lukas (Demolisher) Ndafoluma, by die Windhoek Buiteklub in die eerste ronde vir die volle telling met minagting planke toe gestuur.
Ná die Laksman se oënskynlike topklasvertoning in Harare, het Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie dit goedgedink om in Oktober 2019 sy man na Kazakstan vir 'n internasionale WBO-middelgewigtitelgeveg te vat.
Daar het Namibië se geliefde Laksman opnuut 'n boksles oor tien rondes teen Kanat Islam (36) van Kazakstan (nou 28-0, 22 uitklophoue) ontvang.
Kautondokwa (1.88 meter) het wel die tien rondes met 'n eenparige puntebeslissing teen hom oorleef. Die korter Kazak van 1.78 meter het egter uit die staanspoor die geveg beheer om eenparig met 97-92, 99-92 en 97-92 die gesogte internasionale WBO-gordel te beklink.
By navraag gister aan Tobias of Kautondokwa die kryt vaarwel geroep het, het hy wel geantwoord, maar nie gesê wat sy planne vir die Laksman is nie.
“Nee, hy het nog nie uitgetree nie,” het Tobias bondig aan Republikein via WhatsApp bevestig.
Tobias wou egter geen verdere kommentaar lewer, óf onthul of Kautondokwa vandeesmaand by sy boksbonanza ter viering van onafhanklikheidwording deur die toue gaan klim nie.
Tobias se jaarlike boksfees in die hoofstad wat met die Onafhanklikheidsnaweek gepaard gaan, is 'n gewilde geleentheid vir bokskykers. Die promotor sê sy jaarlikse MTC Onafhanklikheidsboksbonansa sal wel plaasvind.
“Ek kan in dié stadium nog geen inligting daaroor beskikbaar maak nie. Ons moet professioneel wees. Daar sal volgende week 'n mediakonferensie wees waar ek die datum en meer inligting oor die betrokke vegters sal bekendmaak.
“Die boksers oefen hard en is gretig om weer in die kryt te wees. Ons lê net rond, want daar gaan niks aan nie. Die manne is honger vir 'n geveg. Daar behoort ongeveer tien gevegte aangebied te word en Walter kan dalk in een van hulle wees,” het hy telefonies aan die koerant gesê.
Topboksers uit die MTC Nestor Sunshine Tobias-stal wat moontlik aan die jaarlike bonanza kan deelneem, is die superveergewig (59 kg) Jeremiah (Low Key) Nakathila (21-1, 17 uitklophoue), die weltergewig (67 kg) Mikka “Silent Assasin” Shonena (16-1, drie uitklophoue), die junior middelgewig (70 kg) Charles Shinima (11-0, 7 uitklophoue) en ontluikende superliggewig (63.5 kg) Harry Simon Junior (13-0, 10 uitklophoue) asook die middelgewig (72.5 kg) Paulinus (John John) Ndjolonimus (12-0).
Indien Shonena deur die toue klim, sal hy op sy vorige powere vertoning in Desember in Windhoek wil verbeter. Hy was nie goed genoeg op sy WBO Afrika-titelgeveg teen Brendon Denes van Zimbabwe voorbereid nie en het sy kampioengordel in die sesde ronde met 'n uitklophou afgestaan.
Shonena (8ste) en Nakathila (3de) is tans die enigste twee Namibiese boksers wat op die WBO-wêreldranglys in sy top-15 aanspraakmakers in enige gewigsklas aangedui word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie