Bome is báie meer as net bome
In my tuin is 'n kameeldoring wat goed moontlik daar wortel geskiet het lank voor ek hier op die ondermaanse aangeland het. Neffens hom, of eintlik so half onder sy blad in, staan 'n witgat.
Dit is daar, in die koelte van hierdie bome, waar ek stil word. Dié blarevag is vir my die Bybelse waters waar daar rus is.
Soms dink ek, ander kere bid ek of praat hardop met myself, voer lang gesprekke met my honde wat aan my voete lê, vloek en huil oor die pyne van die lewe. . . Of sit sommer net.
“Die bome, my vaders en moeders,/se lang gespierde arms,/se groot groen rokke,/se kinders by dosyne. . .”, aldus Wilma Stockenström [Uit haar bundel Vir die bysiende leser (1970)].
Maar dit is nie net Wilma en ek wat 'n ding vir bome het nie. Die Britse aktrise Judi Dench se boomversameling op haar drie hektaar-landgoed by Surrey in Engeland is haar tabernakel én haar laboratorium. Vir elke gestorwe geliefde en vriend plant sy 'n boom aan. Maar dit is nie waar dit eindig nie.
Haar passie vir die natuur se “vaders en moeders” het haar 'n stap verder geneem as om net met haar hande oor die growwe bas te streel en na die gesprekke van die wind in die ritselende blare te luister.
Danksy die wetenskap en nuutste tegnologie kon sy met spesiale toerusting na die kloppende polsslag en verborge hartsgeheime van bome luister.
Die BBC het onlangs 'n dokumentêr gemaak oor haar magiese ontdekkingstog om die belangrike rol van bome in die geskiedenis en die toekoms, beter te verstaan.
Met die hulp van boomwetenskaplikes en geskiedkundiges het sy die sikliese gang van bome deur vier seisoene bestudeer. Sy kon dit doen deur met 'n spesiale mikrofoon na die fluisteringe in die diepste selle van bome te luister.
Daarmee kon sy hoor hoe water deur haar geliefde bome opgeneem word, hoe nuwe blaartjies in die lente oopvou en bloeisels uitspruit. Sy het ook 'n 3D-skandeerder gebruik om byvoorbeeld die 260 000 blare en 12 km lange takke van haar gunsteling- eikeboom uit ander dimensies te bestudeer.
In die BBC-program vertel sy hoe haar navorsing bome se “emosies” en wyse van kommunikasie onthul het. Sy weet nou hoe bome hulle teen indringers en ekstreme weerstoestande verskans.
Met die hulp van Nasa-satellietbeelde kon sy ook sien hoe bome koolfstofdioksied uit die atmosfeer opslurp en veg om ons planeet te beskerm.
'n Fungus-kenner het die wonderwêreld van die fungi onder hul “voete” vir haar ontsluit en sy kon ontdek hoe die blaredak van bome 'n ongelooflike wood wide web vorm.
Dié studie, sê Dench, het bevestig bome is nie net bome nie.
Sy kan dít waaroor Stockenström gedig het, wetenskaplik beaam.
“. . . my vaders en my moeders, die bome,/ek slaan my arms om julle,
druk julle blare teen my wang/en vou jul geur soos 'n doek om my hare./
Bly goed wees vir my.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie