BoN kyk na valuta-manipulasie
BoN kyk na valuta-manipulasie

BoN kyk na valuta-manipulasie

Sekere Suid-Afrikaanse handelsbanke se gekonkel met die wisselkoers word deur die Bank of Namibia op plaaslike vlak ondersoek.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die Bank of Namibia (BoN) sal die gebeure in Suid-Afrika, waar 'n tribunaal-ondersoek ingestel gaan word, fyn dophou ná verskeie handelsbanke die wisselkoers gemanipuleer het.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gister in 'n ministeriële verklaring lig gewerp op die bevindinge van 'n ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie na 17 banke en hoe dit Namibië raak.

Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, het verlede week 'n vraag in dié verband aan Schlettwein gevra, wat gevra het vir tyd om verder te raadpleeg sodat hy 'n breedvoerige antwoord kan gee.

Volgens Schlettwein is Standard Bank Namibia die enigste Namibiese bank wat bande het met die Suid-Afrikaanse banke wat ondersoek word.

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika het in April 2015 met die ondersoek begin na prysvasstellings en marktoewysing in die verhandeling van buitelandse wisselkoerspare waarby die rand betrokke is.

Die Suid-Afrikaanse media het berig dat die knoeiery reeds so vroeg as in 2007 begin het.

Onder die 17 banke wat ondersoek is, is Absa, Standard Bank en Investec.

Schlettwein sê Investec bedryf nie 'n bank in Namibië nie en hanteer net beleggings en word dus nie deur die BoN ondersoek nie.

Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het bevind dat daar sedert 2007 'n algemene ooreenkoms tussen die banke bestaan om saam te span met die verhandeling van die rand-Amerikaanse dollar wisselkoers.

Die banke het ook saamgewerk om pryse te manipuleer om teen sekere wisselkoerse nie te verhandel nie of deur die skep van fiktiewe pryse om vraag en aanbod te verwring, het die kommissie bevind.

Na aanleiding van die Suid-Afrikaanse ondersoek is 'n boete van 10% van 'n bank se omset opgelê aan die banke wat skuldig bevind word. CitiBank het reeds ingestem om 'n boete van R69 500 850 te betaal.

Volgens Schlettwein sal die bevindinge van die Suid-Afrikaanse tribunaal en die Mededingingskommissie bestudeer word. Daar sal ook vasgestel word of enige ander Namibiese entiteite voordeel uit die manipulering getrek het of daardeur benadeel is. Hierop sal die BoN bepaal tot watter mate Standard Bank Namibia betrokke was, al dan nie. Die BoN sal dan besluit of stappe teen Standard Bank Namibia ingestel word of nie.

-Bykomende bron erk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!