BoN monitor valutaskandaal in SA, kyk na plaaslike banke
Estelle de Bruyn - Die Bank of Namibia (BoN) hou die gebeure in Suid-Afrika fyn dop waar 'n tribunaal ondersoek gaan instel ná verskeie handelsbanke die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer het.
Die enigste Namibiese bank met bande aan die Suid-Afrikaanse banke wat ondersoek word, is Standard Bank Namibia, het finansminister Calle Schlettwein vanmiddag in die parlement gesê.
Gevolglik sal die bevindinge van die Suid-Afrikaanse tribunaal en mededingendheidskommissie bestudeer word. Daar sal ook vasgestel word of enige ander Namibiese entiteite voordeel uit die manipulering getrek of daardeur benadeel is. Hierop sal die BoN besluit tot hoe 'n mate Standard Bank Namibia betrokke was, al dan nie. Die BoN sal dan besluit oor of enige stappe teen Standard Bank Namibia ingestel word of nie, sê Schlettwein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie