BoN skenk (weer) groot aan gesondheidsministerie
Die Bank of Namibia (BoN) het Covid-19 mediese toerusting en voorrade met 'n beraamde waarde van N$11 miljoen aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike geskenk. Dit sluit aanvullende vitamines om immuniteit te verhoog, asook 'n suurstofaanleg by die Katima Mulilo-staatshospitaal en die hervul van die grootmaat-suurstoftenk by die Rehoboth-staatshospitaal in.
Die minister, dr. Kalumbi Shangula, sê die voortgesette ondersteuning van BoN in die land se stryd teen die "onsigbare vyand" en die bestuur daarvan, ondersteun die ekonomiese herstel van die land.
Die minister, dr. Kalumbi Shangula, sê die voortgesette ondersteuning van BoN in die land se stryd teen die "onsigbare vyand" en die bestuur daarvan, ondersteun die ekonomiese herstel van die land.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie