Bonita op podium by Arnold Classic sportfees

Andrew Poolman
Haar medalje by die Arnold Classic sportfees laas naweek in Sandton City is sonder twyfel die hoogtepunt van haar loopbaan as kragopteller sover.
So sê Bonita Hein na afloop van die byeenkoms wat deur Arnold Schwarzenegger, Amerikaanse akteur, politikus en legende in liggaamsbou, bygewoon is.
Die Namibiër het in die kategorie vir meestersvroue ingeskryf en twee bronsmedaljes (algeheel en in haar gewigsklas) verower.
Die moeder in haar vroeë 40’s is op Rehoboth gebore en is deesdae ’n Kapenaar.
“Om sonder ’n afrigter te oefen en voltyds by die vervoermaatskappy Xtreme Transport te werk, is nogal uitdagend, maar ek het my visier gestel om deel van dié gesogte byeenkoms te wees.
“My oefensessies is van 19:00 tot 22:00 in my klein tuisgimnasium in my garage. Alles wat ek sover uitgerig het, is te danke aan die krag wat ek van my Skepper en Verlosser Jesus Christus ontvang.”
Vandat Bonita se loopbaan in kragoptel en sterkvrouekompetisies in 2009 begin het, het sy reeds nege algehele vrouetitels in provinsiale en nasionale byeenkomste gewen. Twee jaar gelede was sy vierde geplaas by die meesters wêreldkampioenskap in kragoptel.
Bonita sê sy is nie besonder ingenome met haar uitslae nie. “My totaal was 335 kg met 120 kg hurk, 155 kg dooiegewigoptel en 60 kg bankstoot. My derde poging op 70 kg was onsuksesvol vanweë my skouerbesering. Die kompetisiereëls was ‘Raw’, met net ’n lyfpak, gordel en knieskerms wat toegelaat is.”
“Ek sou graag wil sien dat kragoptel in Namibië as ’n sport bekendgestel word, aangesien ek glo ons het baie sterk manne en vroue in ons land. As daar enige belangstelling is, is ek gewillig om my kennis beskikbaar te stel aan ’n sportklub of federasie van Namibië. Hulle kan my by [email protected] bereik.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!