Boot se laaste rusplek
Skeepslui het die Ryazanovka as 'n “roesbad” beskryf wat kwalik 'n ander hawe sou haal.
Des Erasmus - Die stuk see buite Walvisbaai se hawe het die omstrede Russiese boot, die Ryazanovka, se doodsakker geword.
Om die boot weer seewaardig te kry, gaan glo te veel kos en die omstrede vaartuig sal nou na bewering as skroot verkoop word.
Van die boot se duur toerusting word al weke lank in Walvisbaai se hawe bewaar. Tenders gaan glo vir die skroot gevra word en plaaslike skrootwerwe sal aanbiedinge kan maak.
Mnr. Elias Mwenyo, senior woordvoerder van NamPort, het aan 'n susterskoerant van Republikein, Namibian Sun, bevestig dat die boot afgetakel gaan word. Hy kon nie sê of dit plaaslik of elders gedoen sou word nie.
Dié verwikkeling volg op 'n aankondiging van EBH Namibia vroeër die week dat herstelwerk aan die boot gedoen kan word, indien nodig.
Skeepslui het die Ryazanovka as 'n “roesbad” beskryf wat kwalik 'n ander hawe sou haal.
Die boot sou ook nie sonder 'n veiligheidsklaring kon vaar nie.
Aanvanklik het EBH Namibia herstelwerk aan die omstrede boot geweier.
Groot ontevredenheid het ontstaan omdat die Ryazanovka toegerus is vir van die vang van lewende spesies, soos die bedreigde geskatte 30 bottelneusdolfyne van die baai.
EBH Namibia het uiteindelik ingestem om te help na NamPort en maritieme sake bevestig het daar is 'n behoefte aan herstelwerk.
Sonder 'n veiligheidsklaring ná die herstelwerk sou die boot om sekuriteitsredes nie toegelaat word om uit Namibiese waters weg te vaar nie.
Aanvanklik is die teenwoordigheid van die Ryazanovka gekoppel aan 'n Chinese sakeman en sy vennote se aansoek om lewende spesies vir waterparke in China te vang.
In Walvisbaaise seevaartkringe word beweer 'n amptenaar van die Chinese ambassade het persoonlik by die Ryazanovka betrokke geraak ná al die slegte publisiteit wat die boot gekry het. Die amptenaar was na bewering persoonlik op die boot en in gesprek met die kaptein.
In bewaringskringe word die vrede nie heeltemal vertrou nie.
Daar word selfs bespiegel dat 'n opvolger onder 'n veel groter dekmantel met dieselfde opdrag in Namibiese seegebied kan uitslaan.
Die Chinese aansoek om lewende spesies te vang, is glo reeds in Maart verlede jaar ingedien.
Toe die storm om die Ryazanovka die ergste gewoed het, was daar beweringe dat dié aansoek herroep is, maar twyfel bestaan hieroor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie