Borskanker: Vroeë opsporing red lewens
'n Vrou met 'n foutiewe BRCA1-geen het tipies 'n risiko van 45% tot 90% om borskanker in haar leeftyd te ontwikkel.
Dr. Justus Apffelstaedt - Die opsporing van borskanker met die hulp van mammogramme het tot 'n beduidende verlaging in sterftes aan dié siekte in die Westerse wêreld gelei.
In die meeste eerstewêreldlande het toetsing saam met verbeterde behandeling daartoe gelei dat net een uit vyf vroue wat met borskanker gediagnoseer is aan die siekte sterf.
In ontwikkelende lande word egter beraam vier uit vyf vroue sal aan borskanker sterf.
Borskanker is 'n chroniese siekte en die vroeë opsporing daarvan is uiters belangrik.
Die oomblik wat 'n vrou 'n knop in haar bors kan voel, is die siekte sowat vyf jaar reeds teenwoordig.
Ná drie jaar kan kwaadaardigheid reeds in die meeste gevalle met mammografie opgespoor word.
Die aanvanklike stadige groei van borskanker, saam met die opspoorbaarheid daarvan met die hulp van 'n mammogram maak dit die ideale siekte om só daarvoor te toets.
Die fisieke ondersoek deur 'n dokter of 'n spesiaal opgeleide verpleegster kan op sy eie nie die sterftekoers aan borskanker verlaag nie.
Gereelde selfondersoek, termografie en ander alternatiewe metodes kan ook nie borskanker in vroeë, belangrike stadiums opspoor soos met 'n mammogram nie.
Die vroeë opsporing van borskanker is noodsaaklik om oorlewing in die lang termyn moontlik te maak.
Bykomend tot gereelde mammogramme het vroue ook die opsie om genetiese toetsing vir die BRCA1- en BRCA2-geen te laat doen.
Dié toetse vereis 'n bloedtoets, en genetiese berading word voor en ná die toetse aanbeveel.
Almal het BRCA1- en BRCA2-gene. Die funksie van dié gene is om selskade te herstel en borsselle normaal te laat groei.
Wanneer dié gene egter abnormaliteite of mutasies bevat wat van geslag tot geslag oorgedra word, funksioneer die gene nie normaal nie en verhoog die risiko vir borskanker omdat dit nie langer met die onbeheerde groei van gewasse kan help nie.
Vroue met dié gene is sowat vyf keer meer geneig om borskanker te ontwikkel as dié daarsonder.
Dit is omdat normale BRCA-gene gewasse onderdruk en wanneer dit muteer, kan dit nie onbeheerde groei help voorkom nie.
'n Vrou met 'n foutiewe BRCA1-geen het tipies 'n risiko van 45 tot 90% om borskanker in haar leeftyd te ontwikkel in vergelyking met die gemiddelde vrou se 12%-risiko.
Sou 'n vrou positief vir dié gene toets, kan voortgesette monitering help met die vroeë opsporing van borskanker, of alternatiewelik kan sy 'n mastektomie ondergaan, wat die risiko vir die siekte met tot 90% verminder.
Vroue met 'n abnormale BRCA1- of BRCA2-geen het ook 'n verhoogde risiko om eierstok-, kolon-, pankreas- en skildklierkankers, sowel as melanoom te ontwikkel.
Mutasies in BRCA1 en BRCA2 veroorsaak egter net een uit 20 borskankers, en 70 tot 80% van vroue wat met die siekte gediagnoseer word, het geen familiegeskiedenis van borskanker nie.
Riglyne vir borsgesondheid:
Vroue van tussen 20 en 39:
• Ken jou familiegeskiedenis van borskanker
• Skeduleer 'n kliniese borsondersoek elke drie jaar
• Doen maandelikse selfondersoeke
Vroue van 40 en ouer:
• Wees bewus van die jongste verwikkelinge in behandeling en tegnologie
• Gaan vir jaarlikse mammogramme
• Doen maandelikse selfondersoeke
'n Lewenslange sorgprogram behoort maandelikse selfondersoeke, 'n kliniese borsondersoek sowel as 'n mammogram in te sluit.
“Ons moet bewus wees van die belangrikheid van vroeë opsporing en goeie borsgesondheid in die algemeen.
Ons moet die vroue van ons land teen die siekte beskerm en die beste manier om dit te verseker, is deur bewusmaking en onderrig.”
* Dr. Justus Apffelstaedt (borsgesondheid), is 'n skildklier- en parati roïedspesialis en chirurg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie