Brande in Portugal, Spanje eis minstens 39 lewens
Brande in Portugal, Spanje eis minstens 39 lewens

Brande in Portugal, Spanje eis minstens 39 lewens

Minstens 36 mense is dood in wegholbrande op plase en in bosbougebiede in Portugal en drie is dood in die noordwestelike dele van naburige Spanje.

Brandbestryders het te kampe met 50 verskillende brande in Portugal en ’n soortgelyke aantal in Spanje.

Die regering van Portugal het gevra vir internasionale hulp en het ’n noodtoestand afgekondig in die gebied noord van die Tagus-rivier. Die gebied beslaan bykans die helfte van die land.

Die vlamme het verwoesting gesaai in die Iberiese Skiereiland, wat ’n uitsonderlike droë somer ervaar het. Die brande word aangeblaas deur sterk wind soos wat die oorblyfsels van die orkaan Ophelia kusgebiede getref het.

Dorpies is ontruim, huise is vernietig en voertuie het uitgebrand langs die paaie gestaan.

Die regering is erg deur opposisiepartye en die plaaslike media gekritiseer omdat hulle meen die brande kon voorkom gewees het nadat 64 mense in Junie in die ergste bosbrand in die land se geskiedenis dood is.

António Costa, premier, het egter sy regering se pogings verdedig om die land se bosbestuurstelsel te hervorm. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!