Brande om stad onder beheer
Tanja Bause – Twee reusebrande het aan die noordelike en suidelike kant van Windhoek gewoed, wat beide gister onder beheer gebring is.
Maandag laatnamiddag het ’n brand op die hervestigingsplaas Satans Loch langs die Daan Viljoen-pad ontstaan. Volgens mnr. Carlo Louw, die bedryfsbestuurder van die brandweer, het wind die brand in ’n suidelike rigting oor Kupferberg, Lichtenstein, Krumhoek en Regenstein in die rigting van Omeya aangeblaas.
“Ons het met voorbrande begin en ons eerste prioriteit was om te verhoed dat enige skade aan eiendom gely word en ons kon dit suksesvol doen. Lede van die weermag het ons kom help vlamme blus, terwyl my manne voorbrand gemaak het om te keer dat die brand oor die teerpad tussen Windhoek en Rehoboth spring en verder versprei.”
Dinsdag het die brand op Döbra begin. Die vermoede is dat mense vullis aan die brand gesteek het en die brand buite beheer geraak het. Die vermoede kon nog nie bevestig word nie, omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.
“Die brand het vinnig na Elisenheim, Otjihasemyn en Heja Lodge uitgebrei. By Satan’s Loch het ons die brand (gistermiddag) onder beheer gekry en boere en helpers het die ander brand is Dinsdagnag gekeer. Sowat 30 brandweerlede was by die blus en voorbrande van beide brande betrokke en talle boere en vrywilligers het gehelp,” het Louw gesê.
HEJA LODGE
Volgens me. Tanya Dresselhaus van Heja Game Lodge het hulle die brand Dinsdagnag omstreeks middernag onder beheer gekry en was hulle gister besig met nasorg om seker te maak dat alles behoorlik geblus is.
“Driekwart van die plas het afgebrand, maar ons kon keer dat die brand die lodge bereik. My broer Kallie is deur die vuur oorweldig en het sowat 60% brandwonde opgedoen. Hy is buite lewensgevaar en baie dankbaar dat hy lewe en soos hy sê, dit kon baie erger gewees het.”
Volgens haar het mense van die omgewing te hulp gesnel.
“Die gemeenskap het hier met hul 4x4-voertuie en water opgedaag en ingespring en gehelp. Dit was ongelooflik hoe die hulp ingestroom het; al het mense nie geblus nie, het hulle water of lemoene of so kom aflaai. Ons is baie dankbaar, want sonder die hulp sou dit dalk baie anders gelyk het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie