Brandende BMWu2019s lei dalk tot hofsaak
Brandende BMWu2019s lei dalk tot hofsaak

Brandende BMW’s lei dalk tot hofsaak

Karin Eloff
Bloomberg – BMW gaan dalk in Suid-Korea strafregtelik aangekla word omdat hy vermoedelik ’n brandgevaar verswyg het en traag was met herstelwerk.

Die land se departement van vervoer gaan aanklaers vra om die Duitse motorvervaardiger te ondersoek, het die departement Maandag in ’n verklaring gesê.

Suid-Korea het BMW met 11,2 miljard won (nagenoeg R145 miljoen) beboet vir die stadiger herroeping van 22?670 voertuie.

BMW word sedert Augustus ondersoek vir defekte wat koelmiddel kan laat uitlek en die enjin aan die brand te steek. Wêreldwyd is 1,6 miljoen voertuie al hieroor herroep.

Byna 40 brande van BMW’s is al vanjaar in Suid-Korea aangemeld.

Die afgelope jaar het verkope in Suid-Korea met nagenoeg 10% gedaal soos video’s versprei is wat wys hoe die luukse motors in vlamme gehul word.

BMW het onlangs om verskoning gevra dat dinge sloer in Suid-Korea en sê hy sal met ondersoekers saamwerk.

Die probleem raak 42 modelle wat van 2011 tot 2016 vervaardig is. – Bloomberg, verkort/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!