Brasilië se Bolsonaro in die spervuur by vroue
Tienduisende vroue sal Saterdag na verwagting in Brasilië opruk uit protes teen die presidentskandidaat Jair Bolsonaro. Dié regsgesinde kongreslid word deur teenstanders as ’n vrouehater gesien.
Reuters berig vroue in verskeie stede regoor die land het onder die hutsmerk #EleNao (#NieHyNie) verenig teen Bolsonaro wat blykbaar ligsinnige opmerkings oor verkragting gemaak het en die gaping tussen mans en vroue se salarisse geregverdig het.
Volgens die BBC het hy Maria do Rosario, mede-kongreslid, op ’n keer toegesnou dat hy haar nie sou verkrag nie “omdat jy dit nie verdien nie.”
In 2016 het hy in ’n TV-program gesê hy sou nie ’n vrou op dieselfde salaris as ’n man aanstel nie, want “vroue raak swanger”.
In April 2017 het hy oor sy vyf kinders gesê “ek het vier seuns gehad, toe raak ek swak en ’n dogter daag op”.
Bolsonaro is volgens meningspeilings tans die gunsteling in die verkiesing wat op 7 Oktober gehou word. Hy is veral gewild weens sy ferm standpunt oor misdaad, kaalvuis-retoriek en ’n politieke loopbaan wat nie gebuk gaan onder beskuldigings van korrupsie nie.
Maar onder vroue is hy beslis nie ewe gewild nie weens kommentaar wat as seksisties en homofobies beskou word.
Die Britse akteur Stephen Fry het volgens The Guardian ’n beroep op Brasiliane gedoen om nie vir Bolsonaro te stem nie.
Fry het in 2013 in ’n TV-program oor homofobie ’n onderhoud gedoen met Bolsonaro wat hy bestempel as “een van die mees ysingwekkende konfrontasies ooit”.
Bolsonaro het in daardie stadium ’n wetsontwerp teengestaan wat homofobie tot misdaad sou verklaar en lesse teen homofobie deel van die skoolleerplan sou maak.
Hy het aan Fry gesê die wet wakker homoseksualiteit aan. “Hulle (gays) wil ons kinders bereik om hulle in gay-volwassenes te verander om hul seksualiteit in die toekoms te bevredig,” het die oud weermagkaptein gesê.
“Ons gaan ’n trots-heteroseksueel-dag hou, en jy sal nie uitgenooi word nie,” het Bolsonaro aan Fry gesê.
Net 18% van vroue het aangedui dat hulle Bolsonaro in die verkiesing ondersteun. Dit blyk hul voorkeurkandidaat is Fernando Haddad wat tot soveel as 47% van die vroue se stemme kan trek.
Haddad is met die hand uitgesoek deur die uiters gewilde oudpresident Luiz (Lula) da Silva. Da Silva dien tronkstraf uit weens korrupsie, maar hy het tot op die nippertjie uit die tronk probeer om aan die verkiesing deel te neem. Toe dié plan deur die howe ontdaan gemaak is, het hy Haddad as opvolger van sy Arbeidersparty aangewys. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie