Breinkwyn: 42% van SA beroepslui wil oorsee werk soek
Volgens ons peiling oorweeg die buurland se geskoolde beroepsmense toenemend die opsie om te emigreer.
William Horne – Byna die helfte van gegradueerde beroepslui wil emigreer, volgens ’n nuwe peiling.
Altesame 42% van gegradueerde beroepslui wat aan ’n PPS-peiling deelgeneem het, sê hulle kry nie in Suid-Afrika werk wat by hul vaardighede pas nie en gaan daarom oorsee werk soek.
PPS se indeks vir gegradueerde beroepslui (GPI) is uit ’n peiling onder slegs 5 837 PPS-lede saamgestel. PPS is ’n versekeraar vir beroepslui, onder wie ingenieurs, medici en rekenmeesters.
Motshabi Nomvete, bemarkingshoof van PPS, sê die aantal gegradueerde beroepslui in onder meer die mediese, rekenkundige, regs-, ingenieurswese en korporatiewe bedryf wat toegewyd bly tot ’n loopbaan in Suid-Afrika het gedaal, al word die behoefte aan hul vaardighede net groter.
“Volgens ons peiling oorweeg Suid-Afrika se geskoolde beroepsmense toenemend die opsie om te emigreer aangesien hulle die finansiële vermoë het en gekwalifiseerd is om te gaan,” sê Nomvete.
“So ’n tendens het groot implikasies vir die ontwikkelingsdoelwitte van die land.”
Sowat 43% van die respondente is erg bekommerd oor die heersende politieke kwessies, terwyl 27% ook oor die stand van die ekonomie bekommerd is. Die peiling is in Januarie gedoen.
Ondanks die plan om te emigreer is gemiddeld 68% optimisties oor die toekoms van hul beroep.
Só lyk die hooftrekke van die peiling volgens beroepsveld:
· Prokureurs: 84% is bekommerd oor hoe die regering se staatsbestuur hul bedryf oor die volgende 12 maande kan beïnvloed.
· Dokters: 72% dink nie die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal die volhoubaarheid van hul beroep verbeter nie, en 73% meen die meerderheid van beroepsmense in dié veld is naby uitbranding.
· Ingenieurs: 78% is van mening dat daar beduidend minder geleenthede in ingenieursweseprojekte beskikbaar is; 76% voel dat die staat se gebrek aan ’n geïntegreerde projekbestuursprogram het hulle beduidend beïnvloed.
· Tandartse: 55% meen daar is ’n vaardigheidstekort in die bedryf; 54% dink die NGV sal toegang tot tandheelkundige dienste verbeter.
· Aptekers: 66% glo toegang tot hul dienste het verbeter oor die afgelope 20 jaar, maar 62% dink daar heers steeds ’n groot vaardigheidstekort. Volgens 86% van aptekers maak die NGV nie genoegsaam voorsiening vir hul bedryf en dienste nie.
· Rekenmeesters: 59% glo nie dat gegradueerdes goed genoeg opgelei is om hul werk te doen nie; 35% dink die heersende reputasiekrisis het ’n negatiewe invloed op die bedryf. Dis ’n verwysing na ouditfirmas soos KPMG wat by staatskaping betrek is.
“Geskoolde beroepsmense het ’n kritieke rol in die werkomgewing en in die vorming van die toekoms van Suid-Afrika,” sê Nomvete.
“Hulle is gewoonlik die hoogste verdieners, en dus verreweg die belangrikste bydraers tot die land se belastinginkomste.
“Soos die aantal hoogs geskoolde beroepsmense verminder, word dit ook weerspieël in die inkomste wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingevorder word.”
Sy waarsku dat dié krisis nie net die politici moet bekommer nie, maar ook elke liewe landsburger.
Volgens Nomvete kan die regering wel die breinkwyn omkeer as hy in samewerking met die private sektor ’n plan skep en volg. In die beste scenario kan Suid-Afrika se talentvolste mense dalk selfs terugkeer, sê sy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie