Brexit-breekspul kom as EU nie toegee
'n Brexit-breekspul dreig tensy die Europese Unie (EU) hierdie week sê hy is bereid om samesprekings na handel te laat aanbeweeg, sê ’n bron met kennis van die Britse regering se posisie.
Die hele Brexit-proses kan in duie stort sonder ’n duidelike teken dat vandeesweek se spitsberaad van EU-leiers wel bereid is om te praat oor handelsooreenkomste en die reëlings vir ’n oorgang teen Desember.
Senior Britse ministers verloor vertroue in die EU se bereidwilligheid om ’n ooreenkoms te beklink, sê die bron wat met Bloomberg gepraat het op voorwaarde dat sy identiteit nie bekend gemaak word nie.
Theresa May, die Britse premier, het verlede maand in ’n toespraak in Florence, Italië, belowe om geld in die EU se begroting te betaal en die rekening vir die “egskeiding” te betaal. Hierdeur het sy ’n politieke risiko geneem en nou het sy ’n toegewing van die EU se kant nodig voordat sy enige verdere toegewings van haar kant kan maak.
Die deurslaggewende spitsberaad met die EU begin Donderdag en May praat met individuele EU-leiers as deel van ’n laaste desperate diplomatieke poging om hulle aan die beweeg te kry.
Sy het Maandag in ’n telefoonoproep van 90 minute probeer om die Europese Kommissie se president, Jean-Claude Juncker, en die EU se hoofonderhandelaar, Michel Barnier, oor te haal om ’n toegewing te maak en die dooiepunt te probeer oplos.
Die EU se standpunt tot dusver was dat hy geen samesprekings oor handelsooreenkomste sal voer voordat die politieke ooreenkoms oor Brexit nie bereik is nie – dus ’n sogenaamde “harde Brexit.”
Toegewings
Op sy beurt sê ’n Europese diplomaat met kennis van die samesprekings dit is May wat verdere toegewings moet maak en nie die EU nie. Sy moet die beloftes wat sy in die toespraak in Florence gemaak het, deurvoer.
Die EU benodig versekering dat Brittanje bereid is om die beloofde 20 miljard euro oor twee jaar te betaal voordat daar enige vooruitgang gemaak sal word, sê die diplomaat.
Duitsland en Frankryk het verlede Vrydag dit duidelik gemaak dat hulle ’n strenger houding met Brittanje wil inslaan as die res van die EU. Samesprekings het doodgeloop omdat Brittanje nie duidelik wil uitspel hoeveel hy bereid is om te betaal om die EU te verlaat nie, tensy die EU begin praat oor toekomstige handelsooreenkomste en oor die oorgang wat Brittanje wil hê om die skeiding glad te laat verloop.
Die EU sê hy sal dit nie doen voordat May se regering stappe doen om ’n ooreenkoms oor die Brexit-rekening te beklink nie.
Met of sonder ’n ooreenkoms sal Brittanje die EU in Maart 2019 verlaat.
Sakeleiers en die Bank van Engeland sê ’n volledige plan om die uittrede te bestuur, moet teen die einde van die jaar voltooi wees, anders sal dit sy waarde verloor. Maatskappye gee moed op om vir só ’n ooreenkoms te wag en begin reeds om hul bedrywighede uit Brittanje na stede soos Frankfurt, Parys of Dublin te verskuif. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie