Brexit-voorstander Gove wil vir Cameron opvolg
Een van die groot Brexit-voorstanders en Britse minister van justisie, Michael Gove, het gister in ’n verrassende skuif aangekondig dat hy verkiesbaar is om David Cameron as Brittanje se eerste minister op te volg. Hy het terselfdertyd ’n skerp aanval van stapel gestuur op sy referendum-bondgenoot, Boris Johnson, wat na verwagting ook verkiesbaar sal wees.
“Ek wou help bou aan die span agter Boris Johnson sodat ’n politikus wat ten gunste van Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) ’n veldtog gevoer het, ons na ’n beter toekoms kan lei,” het Gove gesê.
“Ek het egter tot die slotsom gekom dat Boris nie die leierskap kan bied of die span kan bou vir die taak wat voorlê nie. Om dié rede het ek besluit om my vir die leierskap beskikbaar te stel,” het hy bygevoeg.
Die aankondiging is ’n gevoelige slag vir die voormalige burgemeester van Londen, wat ook na verwagting sy kandidatuur gister sou aankondig.
Gove was aanvanklik geoormerk as ’n potensiële minister van finansies in ’n Johnson-regering, maar die momentum het nou skerp in die rigting van die minister van binnelandse sake, Theresa May, geswaai. Sy het ook gister haar kandidatuur aangekondig.
Aan die Arbeidersparty se kant staar Jeremy Corbyn, wat Dinsdag ’n gevoelige slag toegedien is toe partylede ’n mosie van wantroue teen hom aanvaar het, groot uitdagings in die gesig.
Albei partye is in chaos gedompel ná Donderdag se referendum waarin Britte gestem het om uit die Europese Unie te tree. - Nampa/AP/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie