Britse breier moet 30 jaar sit vir pedofilie
Een vir een kom voormalige sportafrigters wat hulle oor jare aan die misbruik van kinders skuldig gemaak het, nou voor die gereg.
Die voormalige Britse sokkerafrigter Barry Bennell is Maandag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis weens die seksuele molestering van 12 seuns tussen 1979 en 1991.
BBCSport berig die regter het hom as “suiwer boosheid” beskryf.
Bennell (64), wat onder andere Manchester City afgerig het, is verlede week skuldig bevind op dosyne klagte van seksuele oortredings teen kinders, wat molestering en sodomie insluit.
Volgens die polisie het talle nuwe slagoffers na vore gekom sedert die saak begin het, wat die aantal moontlike slagoffers op meer as 100 te staan bring.
“Jy het die duiwel beliggaam. Jy het hulle van hul kindwees en onskuld ontneem om jou eie perversie te bevredig,” het regter Clement Goldstone gesê by die vonnisoplegging in Liverpool.
“Jou optrede deur daardie seuns voor te berei en te verlei voordat jy hulle gemolesteer het, is suiwer boosheid.”
soortgelyke oortredings
Bennell wat reeds drie keer tronkstraf uitdien van altesaam 15 jaar vir soortgelyke oortredings teen 16 ander slagoffers, het na die grond gestaar en sy kop geknik terwyl Goldstone hom gevonnis het.
Een van sy slagoffers het vroeër tydens die verrigtinge na die beskuldigdebank gestap en kalm gesê: “Barry. Barry. Hoekom?”
Bennell se verhoor het ses weke geduur en hy is daarvan beskuldig dat sy mishandeling van jong seuns in sy sorg op 'n “industriële vlak” plaasgevind het.
Slagoffers het getuig hoe hy “mag” oor hulle uitgeoefen het deur hul drome van beroepsokker aan te vuur. Bennell se onlangsste oortredings het in 2016 aan die lig gekom toe die voormalige Liverpool- en Tottenham-ster Paul Stewart 'n stilte van 40 jaar verbreek het met onthullings van molestering toe hy 'n tiener was. Kort daarna het die voormalige Crewe-speler Andy Woodward aantygings teen Bennell gemaak. Die saak het aanleiding gegee tot meer aantygings van seksuele en fisieke misbruik van seuns by sokkerklubs oor Engeland heen in die 1970's en 1980's.
Amper 800 slagoffers het na vore getree met aantygings teen meer as 100 afrigters. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie