Britse kabinet steun Brexit-plan
Britse kabinet steun Brexit-plan

Britse kabinet steun Brexit-plan

Dit kan ’n moeilike stryd in die parlement word, berig Reuters.
Theresa May, premier van Brittanje, het Woensdag die ondersteuning van haar senior ministers bekom vir ’n konsepplan om die Europese Unie (EU) te verlaat. Dit gee haar nou tyd om die parlement sover te kry om die ooreenkoms goed te keur.

Dit kan ’n moeilike stryd in die parlement word, berig Reuters.

Dit volg nadat amptenare van Brittanje en die EU Dinsdag voorlopig die teks van ’n konsepplan vir ’n Brexit-ooreenkoms ná maande se onderhandelings in Brussel, België, aanvaar het.

’n Tweede dokument van sewe bladsye is Woensdagaand bekend gestel vir die raamwerk vir toekomstige onderhandelinge, berig The Guardian.

VERKLARING

May se verklaring sluit die volgende kernpunte in:

* Sy sê dat die kabinet die moeilike besluit geneem het om die konsepplan vir ’n Brexit-ooreenkoms te ondersteun.

* Die kabinet het ’n “kollektiewe besluit” geneem om dit te ondersteun. Sy het nie gesê dat ministers dit anoniem ondersteun het nie.

* Alternatiewe tot die ooreenkoms is ’n geen-ooreenkoms-Brexit, of om nié die EU te verlaat nie.

* Sy het die ooreenkoms as “die beste wat onderhandel kon word,” bestempel.

* Sy sê daar lê “moeilike dae” voor. Sy het nie gesê vir wie nie, maar daarop gesinspeel dat die opdraande stryd vir haar en die regering voorlê.

*Sy sê sy glo ten volle dat die ooreenkoms in nasionale belang is.

MOEILIKE BREXIT

Jacob Rees-Mogg, voorsitter van die Europese Navorsingsgroep wat die Tory-LP’s verteenwoordig wat vir ’n moeiliker Brexit betoog, het ’n brief aan alle Konserwatiewe LP’s gestuur waarin hy hulle vra om die konsepplan te verwerp.

Hy sê Brittanje sal daarby betrek word om die EU £39 miljard te gee en dat “min of niks hiervoor teruggekry sal word nie.”

Nog ’n beswaar is dat die ooreenkoms Noord-Ierland anders sal hanteer as die res van Brittanje. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!