Britse man skenk geboorte
Britse man skenk geboorte

Britse man skenk geboorte

’n 21-jarige Britse transgender man het aan ’n dogtertjie die lewe geskenk nadat hy ’n spermskenker op Facebook gewerf het.
Hayden Cross, wat as ’n meisie gebore is en die afgelope drie jaar hormone gebruik om as ’n man te leef, wou sy eierselle laat vries in die hoop dat hy later ’n kind kan verwek.
Toe die Britse nasionale gesondheidsdiens weier om dit te doen, het hy besluit om sy transformasie na ’n man te staak en eers swanger te word.
Hy het in Januarie bekend gemaak dat hy suksesvol was nadat hy ’n anonieme spermskenker deur ’n Facebook-groep gevind het.
Die trotse pa het met ’n keisersnee aan Trinity-Leigh geboorte gegee.
“Sy is perfek in elke opsig. Ek is só gelukkig,” het hy aan The Sun gesê.
Hy was swanger terwyl sy lyf begin verander het weens sy geslagsverandering.
“Dit het gevoel asof ek vir myself een ding gegee het, maar iets anders weggegee het. Dit is ’n baie vroulike ding om ’n baba te dra en dit is heeltemal in teenstelling met hoe my lyf voel.”
Cross is werkloos.
Thomas Beatie (42) was in 2008 die eerste man ter wêreld wat swanger geraak het.
Die eerste swangerskap het misluk, maar hy het later die lewe aan ’n drieling geskenk.
Beatie is ook as ’n vrou gebore en het ’n gedeeltelike geslagsverandering ondergaan, maar sy baarmoeder behou sodat hy swanger kon word. - Netwerk24 (Bronne: Daily Mirror, The Sun)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!