Britte vry wat uit gorillapark ontvoer is
Twee Britse burgers wat in ’n gorillapark in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontvoer en aangehou is, is intussen ongedeerd vrygelaat.
Die paartjie is Vrydagoggend saam met Rachel Makissa Baraka, ’n veldwagter, in die Virunga-wildtuin voorgelê en ontvoer. Baraka is tydens die voorval vermoor.
Boris Johnson, Brittanje se minister van buitelandse sake, het hul vrylating Sondag bevestig. Die name van die twee is nog nie bekend gemaak nie.
“Ek bring hulde aan die owerhede in die DRK en die Kongolese instituut vir natuurbewaring vir hul onvermoeibare hulp gedurende dié vreeslike saak. Ek dink nou aan die familie van die Virunga-veldwagter Rachel Makissa Baraka wat ten tyde van die ontvoering vermoor is, sowel as die beseerde drywer en die vrygelate Britse burgers wat nou van dié traumatiese voorval moet herstel,” het hy gesê.
Die Virunga-wildtuin is in die Kongo se Noord-Kivu-provinsie geleë. Dit beslaan nagenoeg 7 800 m² en is een van die belangrikste bewaringsparke ter wêreld.
Die park, die veldwagters wat daar werk én die gorillas wat hulle bewaar word egter voortdurend bedreig deur stropers, sowel as gewapende groepe wat teen mekaar veg in die nadraai van die verwoestende burgeroorlog wat in die land gewoed het.
Dié oorlog het tussen 1994 en 2003 5 miljoen lewens geëis. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie