Broers met groot drome

Klop by Andre en Danny Kandjela van Keetmanshoop aan vir die varsste brood.
Tanja Bause
Die broers voorsien deesdae vars brood en allerlei brötchens aan die inwoners van Keetmanshoop, asook die omliggende nedersettings van Koës, Tses, Aus en Bethanie.

Tanja Bause – Die reuk van varsgebakte brood trek deur die gange van die !Homs-Ai-gemeenskapsmark. By dié mark is die !Homs-Ai-bakkery waar daagliks 1 000 wit- en bruinbrode gebak word.

Die Kandjela-broers Andre en Danny, wat in Keetmanshoop grootgeword het, het vroeër ’n klein groentewinkel by dieselfde mark besit. “Ons het destyds in die groentewinkel vir onsself en ons kliënte brood gebak. Die mense het al hoe meer vir ons brood kom vra, en toe die bakkery in die mark is, het ons dit in 2013 gekoop,” het Andre gesê.

Hulle het daarna ’n tweede bakkery gekoop en die twee saamgesmelt. “Ons het ons kompetisie uitgekoop,” skerts hulle.

Die broers voorsien deesdae vars brood en allerlei brötchens aan die inwoners van Keetmanshoop, asook die omliggende nedersettings van Koës, Tses, Aus en Bethanie.

Hulle het agt mense in diens, wat in skofte werk. “Die eerste skof begin om 17:00 by die een winkel werk, en dan om 19:00 begin ons by die ander winkel bak sodat daar vroeg die volgende oggend vars brood is,” sê Andre.

Al die personeel het indiensopleiding ontvang en is nou volwaardige bakkers. Die broers doen ook alle aflewerings in Keetmanshoop self.

“’n Bakkery is baie beperk. Ons kan net groei as die dorp groei en die vraag na brood toeneem. Dus dink ons nou daaraan om met die bak van beskuit en koekies te begin,” sê Danny.

Die broers het onlangs ’n dubbelverdiepinggebou in Tseiblaagte laat bou. Daar is vyf klein winkels op die onderste verdieping, waarvan die haarkapper en wegneemete-restaurant reeds in werking is. ’n Slaghuis sal binnekort geopen word. Op die tweede vloer is vyf kamers wat, sodra dit voltooi is, aan oornaggaste verhuur sal word.

“Ons het in 2017 begin bou op die stuk grond wat aan ons pa behoort. Ons wou graag ons eie groot bakkery besit en het met die idee van die gebou vorendag gekom. Die planne het verander, maar fase twee sal beslis ’n bakkery insluit,” sê Andre.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!