Brown gee Eskom opdrag om Molefe te pos
Brown gee Eskom opdrag om Molefe te pos

Brown gee Eskom opdrag om Molefe te pos

Brian Molefe sal nie meer die groep-uitvoerende hoof van Eskom wees nie.

Sy termyn eindig sodra die direksie van Eskom hom ingelig het van die interministeriële komitee se besluit om sy heraanstelling in dié amp te herroep.

Dié besluit is Woensdagmiddag by die parlement aan joernaliste gekommunikeer ná die byeenkoms van die interministeriële komitee wat aangestel is om die kwessie te hanteer. Lede van die komitee sluit Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, Malusi Gigaba, minister van finansies, en Mmamoloko Kubayi, minister van energie, in.

Brown het die direksie opdrag gegee om haar van twee name te voorsien van kandidate wat as groep- uit­voerende hoof by Molefe kan oorneem.

Gigaba sê die gebeure van die laaste ruk rakende Molefe was baie pynlik. Dit het groot skade aan die regering se reputasie aangerig.

Daar is geen planne om Molefe elders aan te stel nie, sê Gigaba.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!