Bruce tem Engelse Kanaal
Bruce Salt het die Engelse Kanaal oorwin! Bruce, die eerste manlike Namibiër wat dit kon regkry, het die kanaal ná ’n tog van 13 ure 46 minute oorgesteek. Hy het Maandag om 00:47 met sy epiese swemtog begin, eerstens ter herinnering aan sy oudste broer Niel wat vyf jaar gelede op 17 April 2011 aan limfoonkanker gesterf het. Tweedens wou Bruce ook bewusmaking oor kanker skep en geld vir ander kankerlyers deur die Cancer Care Namibia-fonds insamel. Neil se droom was dat dié fonds Namibiese kankerpasiënte met geldelike ondersteuning kan help deur te verseker dat ’n familielid tydens hul behandeling by hulle is. Die fonds se Facebookblad spog met ’n inskrywing oor “Neil wat so trots sou wees om te weet jy het sy laaste wens vervul om families tydens kankerbehandeling te help om daar te wees vir mekaar”. ?
“Jy het soveel tyd en harde werk hierin gesit, ons is almal baie trots op jou vir jou waagmoed en volharding om tot die einde deur te druk.1396986481
“Jy het soveel tyd en harde werk hierin gesit, ons is almal baie trots op jou vir jou waagmoed en volharding om tot die einde deur te druk.1396986481
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie