Bruinbrood op Harambee se tafel
Bruinbrood op Harambee se tafel

Bruinbrood op Harambee se tafel

Mandy Rittmann
OOM BOY STRAUSS SKRYF:

Ek is op 17 April 1939 op Warmbad in die verre Suide gebore. Doopnaam Johannes.

Na skool vertrek ek na Windhoek, waar ek nog steeds woon, van Ou Lokasie se dae af. My standerd 6-onderwyser wou hê dat ek my as onderwyser moet bekwaam, maar omstandighede het dit nie toegelaat nie. Ek moes uitspring en vir my moeder sorg.

Nog steeds is ek vandag op 81 jaar betrokke in die eens roemryke boubedryf. Ek hoop my handewerk staan nog en die skeffelspore getrap!

Ek trou in 1960, knap na die stigting van die tans regerende party, Swapo. Die Here skep ’n Namibiese nasie uit verskillende etniese groepe.

As jy met eerlikheid na die huidige toestand in ons geliefde land kyk, dan word jy bewus van die uitlating van een groep, die bruinmense – naamlik die Baster, Kleurling, San en Khoisan.

Ek wil nie verkeerd verstaan word nie, want dit het niks met rassisme te doen nie, maar sigbare feite.

Jy mag deelneem aan ’n verkiesing, maar op alle vlakke van regering word jy uitgelaat. In die verlede was dit gedoen deur middel van 'n minderheidsregering.

Al die mooi gedagtes en idees sal nooit werk nie sonder die insluiting van almal in besluitneming. Ons weglating laat ’n leemte wat Christelik en ekonomies vernietigend en katastrofies is. Alle tekens is vandag duidelik sigbaar!

Die boubedryf was in die verlede ’n eerbare beroep, wat vir die bruin gemeenskap oorlewing verseker het. Dit is vandag hom ontneem en kyk maar die chaos.

In 1989 was ons almal oorweldig van vreugde. Omdat ons nie oordeelkundig die toekoms in Kanaan beplan het nie, daarom sit ons nog in die woestyn.

Ons is deur ’n onsigbare vyand tot stilstand geruk. Ons ploeter maar net voort sonder die wat uitgelaat is. Moenie die arme witman vergeet nie!

Two thirds winner takes all, but what about the other one third? Namibië se politiek is op etnisiteit geskoei, maar sal dit enigsins help om ’n "bruin" party te stig? En is dit dan so ’n groot sonde?

Bruinbrood kort op die Harambee-huis se tafel.

So vêr tot ’n volgende keer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!