Buchters help oliebesmette pikkewyne
Elf oliebesmette brilpikkewyne word tans by die rehabilitasiesentrum van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne op Lüderitz versorg nadat hulle Dinsdag op Mercury-eiland deur mnr. Willem van Zyl gevind is. Dr. Jessica Kemper van die ministerie sê hoewel die pikkewyne gewas is, is hul rehabilitasieproses nog lank nie verby nie. "Aangesien ons seep gebruik, is al die natuurlike olies ook van die vere verwyder en dit is nie waterdig nie. Die pikkewyne het dus versorging nodig totdat hul vere weer waterdig is en dit kan tot ses weke neem,” sê sy. Mnr. Rian Jones het nog nege brilpikkewyne waarvan vyf ook met olie besmet is, gewas en versorg hulle op die eiland. Foto Kolette Grobler
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie