Buffel sluit plase in Omaheke
Ronelle Rademeyer - Die direktoraat veeartsenydienste (DVS) het plase in die Omahekestreek gesluit nadat 'n buffel gister in die Ouje-nedersetting in die Eiseb-blok opgemerk is.
Plase moet ingevolge die Wet op Dieregesondheid gesluit word wanneer buffels buite nasionale parke suid van die veterinêre kordonheining, oftewel die rooilyn, opgemerk word. Dit is vanweë die moontlike oordrag van bek-en-klouseer aan vee.
Die plase wat hierdeur geraak word, is by Eiseb, Otjinene, Rietfontein en Epukiro.
Geen diere met gesplete hoewe of enige produkte van hierdie diere mag hierdie gebied verlaat, of daarheen geneem word nie.
Alle veiling is ook opgeskort, terwyl padblokkades vir kontroledoeleindes opgestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie