Buitelanders in SOE’s onder die loep
Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur is baie buitelanders in strategiese posisies in diens van staatsondernemings ten koste van Namibiërs.
Ogone Tlhage - Die ministerie van staatsondernemings het ’n versoek aan dié ondernemings se uitvoerende hoofde en besturende direkteurs gerig om lyste te verskaf van alle buitelanders wat daar werksaam is, asook van hul kwalifikasies.
Me. Annascy Mwanyangapo, die ministerie se uitvoerende direkteur, het dié versoek gerig.
Volgens haar is baie buitelanders in strategiese posisies in diens van staatsondernemings ten koste van Namibiërs.
“Ons as ministerie het ’n groeiende neiging opgemerk dat buitelanders strategiese posisies in staatsondernemings beklee, en in sommige gevalle is hulle van een staatsonderneming na ’n ander ‘herwin’,” sê Mwanyangapo.
“Dit is kommerwekkend dat buitelandse uitgewekenes voortdurend in ons ondernemings aangestel word, soms ten koste van Namibiërs – veral in ’n tyd wat Namibië hoë werkloosheid ervaar, maar ook terwyl ons land in sy mense se vaardigheidsontwikkeling belê,” sê sy.
“Ons versoek ’n lys van alle posisies in jul ondernemings wat deur buitelanders beklee word, met hul nasionaliteit, kwalifikasies en indiensnemingstydperke, asook ’n afskrif van die onderneming se opvolgingsplan ingesluit.
“Julle word ook versoek om te verseker voorkeur is in die werwingsproses aan Namibiërs verleen wat oor vaardighede beskik, en dat buitelanders slegs in uitsonderlike gevalle oorweeg is waar gespesialiseerde vaardighede nie in die land beskikbaar is nie.”
Mnr. Herbert Jauch, ’n arbeidskenner, sê dié versoek is niks nuuts nie.
“Die beleid is nie nuut nie; dit was nog altyd die beleid. Daar is niks nuuts nie; tensy daar nepotisme-ooreenkomste is, dink ek nie enigiets sal verander nie. Wanneer ’n aanstelling gemaak word, moet die werkgewer aan die ministerie van binnelandse sake en immigrasie verduidelik waarom die vakante pos bestaan en waarom ’n buitelander dit moet vul,” sê Jauch.
Mnr. Tim Parkhouse van die Namibiese Werkgewersfederasie deel Jauch se siening en sê wat die ministerie van staatsondernemings probeer doen, het meriete.
“Die vaardigheidstekorte is op tegniese gebied in topbestuur. Enige nie-Namibiër (wat ingebring word) is veronderstel om iemand onder hulle te hê aan wie vaardighede oorgedra word,” sê Parkhouse.
Hy voeg by die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is ook in ’n posisie om sy susterministerie van inligting oor die aanstelling van buitelanders in staatsondernenings te verskaf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie