Bus slaan om, drie sterf in lorrie-ongeluk
Augetto Graig - ’n Bus van die Universiteit van Namibië (Unam) vol studente het Saterdag (4 November) tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako omgeslaan. Adj. komm. Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het bevestig die ongeluk het tussen 15:00 en 16:00 gebeur. Hy sê die bestuurder was van die universiteit se Neudamm-kampus af op pad na Windhoek toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Volgens hom was 13 studente insittendes en hulle is slegs lig beseer. Die bus is deur middel van ’n hyskraan uit die pad verwyder en verkeersvloei is herstel. 'n Gru-ongeluk het Vrydagaand om 19:30 sowat 20 km buite Otavi plaasgevind. Volgens berigte het 'n vragmotorbestuurder beheer oor die voertuig verloor en van voor af met twee aankomende voertuie gebots. Drie mense is op slag dood.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie