Bwabwata-skietery: ‘Aanval op Namvet’
Catherine Sasman - Die voorsitter van die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet), mnr. Jabulani Ndeunyema, meen die beweerde skietaanval van 3 Julie op ’n groep San wat duiwelsklou in die Bwabwata Nasionale Park geoes het, is eintlik ’n aanval op oud SWAGM- en Koevoet-lede.
Die man wat tydens die voorval in albei bene geskiet is, mnr. John Johannes, is ’n voormalige SWAGM-lid en ’n lid van Namvet, wat voortgaan met ’n massa-demonstrasie om veteranestatus van die Namibiese regering te eis.
“Ons ervaar baie probleme in ’n onafhanklike Namibië. Ons het amper nie meer ’n ander keuse nie. Ons probeer om op vreedsame wyse met die regering te praat, maar hulle weier om met ons te vergadering. Hulle hou aan om ons te beledig, en dit is hoekom hulle ons doodmaak,” het Ndeunyema gesê.
Johannes sterk tans in die Andara-staatshospitaal aan.
Namvet beweer ook die oorlogsgedenkteken by die voormalige SWAGM-kamp op Oupwo waar die Senior Sekondêre Skool Putuavanga tans geleë is, is doelbewus tussen 20 en 25 Junie verwoes, toe die boonste gedeelte afgehaal en op die grond gegooi is.
Die gedenkteken is in 1985 opgerig, oorspronklik met 25 name van hoofsaaklik Namibiërs wat in diens van die Suid-Afrikaanse weermag en polisie gesneuwel het. Dié name is in 1989 van die grafsteen verwyder.
Die streekbevelvoerder van die Kunene, komm. James Nderura, het gister gesê die voorval is nie aan die polisiekantoor op Opuwo of by sy kantoor aangemeld nie.
Die Namvet-lede wat aan die sitstaking deelneem wat bykans agt maande gelede by die Rooivlag-kommandosaal in Katutura begin het, beplan om voor einde Julie hul massa-aksie na ander “meer sigbare” liggings in Windhoek te verskuif.
Ndeunyema het gesê diegene wat nog by die kommandosaal bly, voel asof hulle “wegkruipertjie” speel.
Hoewel hy nie wou sê watter ander plekke oorweeg word om met hul sitstaking voort te gaan nie, het Ndeunyema gedui op oop ruimtes voor die voormalige ministerie van veteranesake, United Nations House, asook die Britse en Amerikaanse ambassades.
“Wanneer dinge handuit ruk, hardloop mense na die VN. Dinge begin nou handuit ruk,” het Ndeunyema gesê en bygevoeg: “Ons weet daar is ’n risiko; hulle kan ons doodmaak.”
As daar oorlog tussen oudlede van die SWAGM en Koevoet en die Namibiese weermag uitbreek, laat dit so wees. Hierdie mense is gereed om te sterf. Hulle is reeds in gevaar.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie