Calle oor drastiese sny van NBC-dienste
Die regering is “baie teleurgesteld” in die NBC se inwinning van inkomste en herstruktering.
“Niks het daarvan gekom nie,” het Schlettwein vanaand aan Republikein gesê.
Hy het reageer op ‘n nuuskonferensie vanmiddag waar die NBC weens sy kontantvloeikrisis onder meer die opskorting van verskeie dienste en die inperking van ander aangekondig het.
Schlettwein het gesê die regering het reeds sy maandelikse hulp aan die nasionale uitsaaier met N$10 miljoen verhoog. Kontantvloeiprojeksies is van die NBC gevra en is vandag ontvang, het hy gesê.
“Ons kyk daarna.”
Die regering is deeglik bewus van die belangrike mandaat wat die NBC moet uitvoer, vandaar die verhoging in die maandelikse subsidie, het Schlettwein gesê.
Die uitsaaier kry egter telkens gekwalifiseerde ouditverslae waarin geen rekenskap van besteding gegee kan word nie.
“Hulle kan vra so veel as hulle wil, maar as hulle nie rekenskap kan gee waarop die geld bestee word nie, kan ons dit nie gee nie,” het Schlettwein gesê.
Grootskaalse herstrukturering is ook by New Era Publications Corporation (NEPC) onderweg, het Nampa vanmiddag berig. NEPC besit die dagblad, New Era, en die weekblad, Kundana.
“Dis dieselfde storie,” het Schlettwein hierop gesê.
Die media-instansies in die regering se besit sukkel om volhoubaar te wees, het hy gesê.
Dié instellings word ruim uit die begroting ondersteun, maar bied bitter min waarde vir geld, het Schlettwein gesê.
Naas die NBC en NEPC, besit die regering oor die nuusagentskap, Nampa.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie