CAN: Geel en goud vir kinderkanker
September is die amptelike internasionale bewusmakingsmaand vir kinderkanker en die Kankervereniging van Namibië (CAN) neem ook aan hierdie dag deel.
Die “Geel en Goud vir Kinderkankermaand” is ’n projek wat CAN se nuwe hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, verlede jaar op die been gebring het. Toe Hansen onlangs by die Kankervereniging aangesluit het, het hy die projek “saamgebring” en nou vorm dit deel van CAN se bewusmakingprojekte. Die projek behels dat ’n prominente gebou waar baie mense verbyry of -stap snags in geel belig word. Verskeie bewusmakingpraatjies word ook aangebied om die publiek oor kinderkanker in te lig.
Chica
“Geel en Goud vir Kinderkanker” is ook gekoppel aan CAN se Chica Namibia-projek (Chica staan vir Children Fighting Cancer in Namibia). Die sentrale doel van die projekte is om bewusmaking te skep en geld te genereer om kinders met kanker te help deur die nodige kos, klere en finansiële hulp aan te bied.
Dit is van kardinale belang dat families wat deur kanker geraak word, emosioneel ondersteun word en deeglik ingelig word oor die verloop van die siekte. Deur beter ingelig te wees, kan beter voorbereiding getref word. Hoewel die emosionele deel van kinderkanker nooit dieselfde is nie, kan CAN ’n klein verskil maak vir gesinne wat deur kinderkanker geraak word deur hande te vat en ondersteuning te bied.
‘Yellow & Gold’ in Namibië
Gedurende September sal Maerua-inkoopsentrum in Windhoek se kantoorblok snags in geel lig belig wees om bewusmaking te help skep.
Dit sal ook die eerste keer was dat die internasionale beweging “Yellow and Gold in the Fights against Childhood Cancer” op Afrika-bodem plaasvind en CAN is baie bly dat Namibië die eerste land is om dit te kon doen.
Zimbabwe het ook intussen ingestem om deel van die bewusmakingveldtog te wees. Die hoop is dat CANSA in Suid-Afrika ook volgende jaar sal aansluit en moontlik Tafelberg in geel en goud sal belig.
Garden Inspirations Kwekery in Klein Windhoek sal gedurende September geel en goudkleurige roosbome teen N$180 stuk ten bate van kinderkanker verkoop. Hitradio Namibia sal die hele September lugtyd borg sodat praatjies en inligting uitgesaai kan word.
As deel van CAN se weeklikse rubriek in Kollig sal verskillende feite oor kinderkanker weekliks aan die publiek oorgedra word. Dit is belangrik dat die publiek ingelig is oor simptome, diagnose, waarskuwingstekens en hoe ’n gesonder leefstyl kinderkanker kan help oorkom.
Kinderkanker is moeiliker
Wat is die aspekte wat kinderkanker soveel moeiliker as kanker onder volwassenes maak?
Volwassenes kan meestal verduidelik waar dit seer is of selfondersoek doen. Met ’n kind is dit moeilik, want ’n baba kan nie praat nie - ’n drie- tot vyfjarige kind kan nie mooi verduidelik waar dit seer is, waar hy of sy lam voel of wanneer hy of sy moeg is nie.
Ouers moet oplettend wees, ondersoek doen en raad soek. Laat-diagnose van kinderkanker is ’n groot risiko onder kinders.
Kanker kan op enige plek in die kind se liggaam voorkom, insluitende die bloed en klierstelsel, brein, senuweestelsel, oë, spiere, lewer, niere, bene of skelet. Elke kankertipe het sy eie vlak van intensiteit en manier waarop dit die liggaam aanval. Dit word beïnvloed deur faktore soos die kind se ouderdom, tipe kanker en die dieet wat die kind tot op daardie stadium gevolg het.
Simptome
Wat is ’n paar simptome waarvoor ouers kan uitkyk?
Let op aanhoudende en onverklaarbare gewigverlies, hoofpyne wat gewoonlik met naarheid gepaard gaan – veral vroegoggend en vroeg in die aand. Kyk ook vir swelling van die bene, gewrigte en rug- en beenpyn wat nie einde het nie.
Gewasse, aangroeisels en onverklaarbare massas in die buik, nek, bors, heup-area en veral die oksels moet ook dadelik aandag geniet. Let op vir kneusings van die vel wat nie genees nie. Ook as jou kind maklik kneus, of omlope en gereelde infeksies het.
Ouers kan na hul kinders se oë kyk – let op na die pupil en of daar ’n witterige spikkel op die kind se oog is.
’n Baie algemene waarskuwingsteken van kanker in kinders is kroniese moegheid en lamheid asook lae energievlakke, wat met ’n vaal velkleur gepaard gaan.
Kontak CAN by www.can.org.na; [email protected] of 061 237 740.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie