CAN se 2020-visie
Die vereniging beoog om in die nuwe dekade op kankerpasiënte se ondersteuningsnetwerke te fokus.
font face="Verdana" >
By die Kankervereniging van Namibië (CAN) is dit om erkenning te gee aan die honderde gesondheidswerkers en die 28 038 nuwe kankerpasiënte en hul families waarmee dié vereniging die afgelope dekade saamgewerk het.
Só sê mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof.
“Die nuwe dekade bring tyd vir terugskouing en die geleentheid om op nuwe geleenthede te fokus. Die afgelope dekade was vol oorwinnings, uitdagings, foute. Uiteindelik het ons sterker aan die anderkant uitgekom,” sê Hansen.
“Ons leer uit die verlede, ons probeer elke dag ons bes en ons bou saam aan ’n beter toekoms,” is hul mantra vir die volgende dekade, sê hy.
Baie mense is onbewus van die uitgebreide gemeenskap wat kankerpasiënte bystaan en ’n verskil in hul lewens maak, sê Hansen.
Dít sluit patoloë, fisici, aptekers, chirurge, mediese- en bestralingspanne, palliatiewe verpleegkundiges, ander gesondheidswerkers, psigososiale steungroepe, maatskaplike werkers, sielkundiges en maatskaplike organisasies in.
Volgensn Hansen beoog CAN om ’n vennoot vir hierdie inspirerende gemeenskap te wees.
Die vereniging het egter dringend ’n groter belegging in arbeidsmag-opleiding nodig om ’n blywende verskil te kan maak en aan die standaarde van universele gesondheidsdekking (UHC) te voldoen, sê hy.
Terwyl UHC op die beskikbaarheid van die nodige gesondheidsdienste van goeie gehalte fokus, wat die pasiënt nie aan te veel finansiële druk blootstel nie, is hulle bewus van finansiële uitdagings.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in 2018 ’n UHC-beleidsraamwerk ontwikkel, en in 2017 ’n Nasionale Kankerbeheerplan opgestel.
Dít sal in die toekoms as riglyn vir gesondheidsorg en kankerbehandeling in Namibië dien.
Die vorige dekade het die ontwikkeling hiervan gesien, en nou moet gefokus word op die suksesvolle implementering daarvan, sê Hansen.
Terwyl die wetsaspekte in plek gestel word, moet Namibiërs as ’n gemeenskap toegang tot gelyke gesondheidsorg vir almal probeer verseker, sê hy.
’n MIV-diagnose en virale lading-toets kan nie meer ’n kankergesprek uitsluit nie, aangesien die Nasionale Kankerregister ’n duidelike toename in Kaposi-sarkoom en limfoom toon, sê hy.
Volgens Hansen is die beste manier om ’n meer geïntegreerde benadering te hê, om primêre staatsgesondheidsdienste te verbeter, aangesien 80% van die publiek se eerste kontak met dié stelsel is.
“Ons moet as ’n gemeenskap die dringendheid van die situasie besef en die stryd teen kanker saam ondersteun,” het Hansen gesê.
“Sonder jul bydraes kan ons nie teen kanker in ons land veg nie. Kom ons bemagtig in dié nuwe dekade die mense wat die fondament van die kankerstryd is. Kom ons staan hulle by in hul pogings om volhoubare kankerbehandeling ’n prioriteit vir almal in Namibië te maak, met niemand wat agtergelaat word nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie