Cheetahs bekom hemelbesem van Leeus
Rugby
Owen Kock - Die Cheetahs spog met die langste rugbyspeler in Suid-Afrika nadat die voormalige Leeus-slot JP du Preez hom tot die Bloemfonteinse franchise verbind het.
Die hemelbesem van 2.09 m, wat die skaal op 125 kg laat kreun, het ’n kontrak van 18 maande met die Cheetahs gesluit en het reeds Woensdag begin oefen nadat hy die vorige dag in Bloemfontein aangekom het.
Du Preez (23), ’n boorling van Florida in Johannesburg, het net een Superrugby-wedstryd – in 2015 – vir die Leeus gespeel.
Verlede seisoen was hy goed op dreef in die SuperSport-uitdaagreeks toe hy ’n skouerbesering opgedoen het en die res van die seisoen moes uitsit.
Hy was aan die einde van verlede seisoen een van 18 spelers by die Leeus wie se kontrakte tot ’n einde gekom het.
Die Vrystaat Rugbyunie se hoëprestasie-bestuurder, MJ Smith, het Du Preez genader om sy rugby in die Vrystaat te kom speel.
“Ek is hier om die rugby van my lewe te speel. Ek sien uit na die nuwe uitdaging en dit is ook tyd dat ek ’n nuwe spankultuur ervaar,” sê Du Preez.
In Bloemfontein sal hy eers sy staal moet wys, aangesien Justin Basson (1.94), Reniel Hugo (1.97), Carl Wegner (2.01), Rynier Bernardo (1.99) en Dennis Visser (2.00) tans die slotte is wat die kitaar by die Cheetahs slaan.
“Ek weet dat die mededinging kwaai gaan wees, maar ek is bereid om hard te werk. Ek het reeds ’n dag nadat ek in Bloemfontein aangekom, begin oefen.”
Hy sê by die Cheetahs wil hy alles van rugby leer.
“Dit gaan belangrik wees dat ek by die res van die span en die afrigters so veel as moontlik leer. Ek hou van die rugby wat die Cheetahs speel en ek gaan my alles gee,” sê hy.
Sy groot held is die voormalige Springbok-slot Bakkies Botha, wat 2.02 m hoog in sy sokkies staan en net soos hy Cravenweek-rugby vir die Valke gespeel het.
“Ek wil eendag baie graag in sy voetspore volg. Bakkies was ’n ongelooflike goeie rugbyspeler en ek weet dit gaan harde werk verg om te kan doen wat hy op die veld gedoen het.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie