Chemiese wapens glo in 2016 gebruik
Chemiese wapens glo in 2016 gebruik

Chemiese wapens glo in 2016 gebruik

Estelle de Bruyn
Volgens 'n nuwe verslag deur Human Rights Watch is bevind die Siriese regering het in 2016 chemiese wapens gebruik in sy stryd om gebiede in Aleppo terug te wen wat deur die opposisie beheer was.

Die bevindings dra by tot ander bewyse wat al gelewer is oor die gebruik van chemiese wapens wat verbied word in die Siriese burgeroorlog wat reeds ses jaar duur.

Dit kan die argument vir verdere sanksies deur Brittanje, Frankryk en Amerika staaf.

Sirië en sy bondgenoot Rusland wat regeringstroepe bygestaan het in die aanvalle op Aleppo, het in die verlede herhaaldelik ontken dat chemiese wapens gebruik word, en pak die skuld op opposisiemilitante.

Die Human Rights Watch-verslag, wat spruit uit onderhoude met slagoffers en die ontleding van video’s, foto’s en inskrywings in die sosiale media, maak nie melding van Russiese betrokkenheid in chemiese aanvalle nie.

“Nege burgerlikes, insluitende vier kinders, is in die betrokke aanvalle in 2016 dood en sowat 200 mense is beseer,” lui die verslag.

Daar is ook bevind die gebruik van chloorbomme is deel van die weermag se oorhoofse militêre strategie.

Chloorgas verander in soutsuur in ’n mens se liggaam wat die longe brand. Die slagoffer verdrink dan in sy eie liggaamsvloeistowwe. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!