China maak weer tonne staal
China maak weer tonne staal

China maak weer tonne staal

Rekorduitvoere wink
Jo-Mare Duddy Booysen
Elvira Wood

Ongeag die Chinese regering se belofte in Februarie om staalproduksie met tot 13% vanjaar te verlaag, het beter pryse staalfabrieke in dié land tot rekord produksievlakke aangevuur.
Hoewel die prysstyging was weens die verwagting daar minder voorraad gaan wees, het die verbeterde winsmarges heelwat stilstaande staalfabrieke weer begin werk.
Produksie het in 2016 gegroei en rekordvlakke bereik.
As China versuim om kapasiteit met 150 miljoen ton oor die volgende vyf jaar te verminder, voorspel dit groot moeilikheid vir die sektor wat groot verliese in 2015 ervaar het.
Chinese uitvoer is naby rekordhoogtepunte, terwyl reguleerders in Amerika, Europa en Indië straftariewe toepas om hul plaaslike markte te beskerm.
Die Russiese staalvereniging het in September gesê wêreldwyd is daar in die eerste ses maande van die jaar 85 nuwe aksyns- en belastingregulasies op staalinvoer toegepas om plaaslike sektore teen internasionale mededinging te beskerm.
Die goedkoop staal is ook ’n probleem vir die Suid-Afrikaanse staalvervaardiger ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa).
Hy het op 29 Julie met die bekendstelling van sy halfjaarresultate tot einde Junie gewaarsku sou die Suid-Afrikaanse regering nie in die volgende 12 maande verdere tariewe instel om hom teen goedkoop invoer te beskerm nie, daar wesenlike onsekerheid bly oor Amsa se vermoë, asook dié van die plaaslike staalbedryf, om sonder beduidende strukturele veranderings in bedryf te bly.
Met die meeste van China se vervaardigers wat deur plaaslike regerings besit word, plaas nie-mededingende fabrieke groot druk op die ekonomie.

Besnoeiings
“Besnoeiings in kapasiteit gaan vanjaar waar­skynlik nie noemenswaardig wees nie,” sê Zhao Chaoyue, ’n ontleder by China Merchants Futures in Shenzhen.
“Die staalvervaardigers maak steeds geld en gebruiksvlakke van fabrieke is hoog. As die regering dalk strenger kontroles toepas en toelaat dat sommige winsgewende kapasiteit nie gebruik word nie, mag ons dalk beter vordering sien in die toekoms.”
In die stadium is pogings om die sektor te hervorm agter skedule.
Die doel was om kapasiteit vanjaar met 45 miljoen ton te sny, maar teen einde Julie was dit net 21 miljoen ton volgens die nasionale ontwikkelings en hervormingskKommissie.
Sommige vervaardigers het gehuiwer om fabrieke te sluit omdat stygende pryse volgens Bloomberg Intelligence vanjaar wins by meer as 50% van fabrieke verhoog het.
Chinese staalfabrieke het 536 miljoen ton staal gedurende die eerste agt maande van 2016 gelewer. Dit is net 0,1% minder as dieselfde tyd verlede jaar.
In Junie het die fabrieke meer as ooit op ’n daaglikse basis gelewer.
As vervaardiging teen die huidige pas volgehou word, sal daar gemiddeld 67,04 miljoen ton staal per maand deur China vervaardig word wat die hoogste gemiddeld is sedert 2014.
Hoewel wêreldleiers ’n manier soek om voorraad te beperk om die oorskot te hanteer, is ’n beter langtermynoplossing om eerder groei aan te moedig soos die geval was in China, sê die Macquarie groep in ’n verslag.
Die bank sê permanente sluitings van fabrieke is skaars en hulle is vinnig om op hoër pryse te reageer.

- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!