China se groei traagste in 9 jaar
China se groei traagste in 9 jaar

China se groei traagste in 9 jaar

Hanlie Stadler - Die handelsoorlog met Amerika is besig om sy tol te eis van die wêreld se tweede grootste ekonomie.

China se ekonomie het in die derde kwartaal van die jaar met net 6,5% gegroei vergeleke met dieselfde kwartaal van 2017. Tussen die tweede en derde kwartaal het die bruto binnelandse produk (BBP) met 1,2% gegroei.

Die jaargroei van 6,5% is die traagste groei in meer as nege jaar, oftewel sedert die eerste kwartaal van 2009. Ekonome het 6,6% verwag.

In die eerste kwartaal was jaargroei 6,8% en in die tweede kwartaal 6,7%, wat beteken groei verlangsaam nou al drie kwartale agtereenvolgens.

VOORSPELLING

Die 6,5% is egter in pas met die regering se voorspelling.

China se ekonomiese groei is van groot belang vir Suid-Afrika, aangesien dié land Suid-Afrika se grootste handelsvennoot is.

Suid-Afrika voer nagenoeg R73 miljard se goedere per maand – 9% van alle uitvoer – na China uit, luidens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se handelsyfers vir Augustus. Die grootste kategorieë is minerale (R50,5 miljard), yster- en staalprodukte (R10,9 miljard), tekstiele (R2,4 miljard), houtpulp en papier (R2,3 miljard) en vrugte en groente (R2 miljard).

Suid-Afrika is in ’n resessie. Moody’s het Dinsdag sy verwagting vir Suid-Afrika se ekonomiese groei vir die hele 2018 tot net 0,5% afgeskaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!