China se miljarde vir Afrika 'nie vir nietighede'
Sarel van der Walt - China kan Afrika help om 'n gemeenskaplike mark met meer as 'n miljard mense en aansienlike ekonomiese potensiaal te skep, het pres. Cyril Ramaphosa in Beijing gesê.
Hy het op die beraad van die forum vir samewerking tussen Afrika en China gesê China kan Afrika help om 'n “dinamiese krag in die wêreld te word”.
Pres. Xi Jinping van China het aangekondig dat China 'n bykomende US$60 miljard se finansiering aan Afrika beskikbaar gestel het. Hy het ook die armste lande se skuld afgeskryf.
Dié geld is nie vir “nietige projekte” bestem nie, maar vir infrastruktuur om Afrika se ekonomie 'n hupstoot te gee, het Xi gesê.
Die Chinese president het gesê sy land gee geld vir projekte wat die mense van “Afrika kan sien en aan kan vat”, berig Reuters.
Die hulppakket van US$60 miljard sluit in US$15 miljard se hulp, rentevrye lenings en konsessielenings, US$20 miljard se krediet, US$10 miljard vir 'n spesiale fonds vir China-Afrika-ontwikkeling en US$5 miljard vir 'n spesiale fonds vir invoer van Afrika af.
Chinese maatskappye sal ook aangemoedig word om in die volgende drie jaar meer as US$10 miljard in Afrika te belê.
“Ontoereikende infrastruktuur is die vernaamste struikelblok vir ontwikkeling in Afrika,” het Xi gesê.
China het volgens hom tussen 2000 en 2016 sowat US$150 miljard in Afrika belê.
Ramaphosa, wat die beraad saam met verskeie kabinetslede bywoon en op 'n amptelike staatsbesoek aan China was, het gesê die verhouding tussen Afrika en China is gegrond op gelykheid, vertroue en gemeenskaplike respek. eie mense gedryf word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie