China vra dialoog nu00e1 N-Korea se missieltoets
China vra dialoog nu00e1 N-Korea se missieltoets

China vra dialoog ná N-Korea se missieltoets

NAMPA
China het gister vir dialoog gevra om spanning op die Koreaanse skiereiland te verlig nadat Noord-Korea weer 'n missiel getoets het.

“Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het duidelike bepalings wat Noord-Korea verbied om ballistiese missiele te gebruik, en China is ook daarteen gekant,” het die woordvoerder van China se ministerie van buitelands sake, Hua Chunying, tydens 'n nuuskonferensie gister in Beijing gesê.

“Die situasie op die ­Koreaanse skiereiland is ingewikkeld en sensitief. Ons moedig alle partye aan om wedersydse uittarting te vermy en met dialoog en beraadslaging voort te gaan,” het sy gesê.

Nood-Korea het gister verklaar dat sy mediumafstand Pukguksong-2-missiel gereed is om ontplooi te word ná die naweek se toets, terwyl dit voortgaan om 'n interkontinentale vuurpyl te ontwikkel wat die vermoë sal hê om Amerikaanse teikens te bereik.

China, Pjongjang se hoof diplomatieke en ekonomiese bondgenoot, is onder druk om Noord-Korea te oortuig om sy missiel- en kernprogramme af te skaal.

Die Veiligheidsraad van die VN sal vandag 'n noodvergadering in reaksie op die jongste missieltoets hou.

Amerika se ambassadeur na die VN, Nikki Haley, het verlede week gesê Amerika werk saam met China aan 'n nuwe sanksie-resolusie.

Ondertussen het die Noord-Koreaanse staatslugredery, Air Koryo, skielik sy nuwe roete tussen Pjongjang en die Chinese grensdorp Dandong opgeskort, het lughawebeamptes aan AFP gesê.

Dit is nie bekend wanneer vlugte gestaak is en wat die rede vir die besluit is nie.

Noord-Korea se staatsmedia het die nuwe diens op 28 Maart aangekondig. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!