Chinese hof toe gesleep oor MIV-toetse
Toe Kato na sy bestuurder se kantoor geroep is, het die Ugandese drywer gedink hy gaan iewers heen gestuur word; nie dat hy opdrag sou kry om 'n MIV-toets te doen nie.
Kato (45) sê die dag nadat sy uitslae in Maart 2016 bekend geword het, het die bestuurder hom gevra om 'n bedankingsbrief te onderteken. Dit het daartoe gelei dat hy sy Chinese werkgewer nou hof toe sleep vir onregverdige afdanking.
Kato is een van twee MIV-positiewe werkers wat vergoeding eis van China Communications Construction Company (CCCC), in Uganda se tweede hoëprofielsaak oor vigsdiskriminasie in twee jaar.
“(My bestuurder) het gesê: As jy nie vir die toets gaan nie, word jy afgedank,” het Kato gesê.
Uganda se hoërhof sal die saak op 16 Augustus aanhoor. Die twee klaers eis elk 400 miljoen Ugandese sjielings (US$110 000) as vergoeding.
CCCC, een van die wêreld se grootste ondernemings wat op infrastruktuurprojekte fokus, ontken die beskuldiging.
Nagenoeg 1,5 miljoen van Uganda se 40 miljoen mense is MIV-positief. Dit gaan gepaard met 'n stigma en in 2014 het die parlement wetgewing aanvaar wat dit 'n strafbare oortreding maak om die siekte oor te dra.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie