Chinese omkopers kry twee jaar agter tralies
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het vanoggend aangekondig die twee Chinese burgers, mnre. Siyong “Erick” Xu (55) en Hauifen Yang (54) is aan korrupsie skuldig bevind.
Die twee het ? ondersoekbeampte van Namibiese polisie se eenheid teen geldwassery en die bekamping van die finansiering van terrorisme probeer omkoop.
Beide mans is deur ? plaaslike landdros tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.
Xu en Yang is tydens ’n polisieklopjag op 5 September by die ou kragstasie in Windhoek op heterdaad betrap waar hulle die beampte met N$4 000 wou omkoop.
Albei werk by ? plaaslike boumaatskappy en was sedert 7 September op borgtog van N$30 000 elk vry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie